AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Overberg verloor 21 melkboere

Altesaam 21 melkboere in die Overberg-streek het die bedryf die laaste ses maande verlaat, wat tot 105 plaaswerkers werkloos kan laat.

Altesaam 21 melkboere in die Overberg-streek het die bedryf die laaste ses maande verlaat, wat tot 105 plaaswerkers werkloos kan laat.


Nog 12 produsente kan volg, sê die Overberg Suiwel-aksiegroep. Mnr. Johan du Toit, voorsitter van die groep, sê dit is onlangs tydens ’n vergadering aangekondig.


“Die ouens het hul melkkoper laat weet dat hulle bedank en die meeste van hulle het hul diere verkoop; ander hul melkerye ook,” verduidelik Du Toit. Dié stap beteken dat tot vyf werkers van elke plaas, ’n totaal van sowat 105 werkers, nou sonder werk sit.


Voorraad

Du Toit sê die situasie kan ook beteken dat daar nie genoeg melk in die streek geproduseer gaan word nie, aangesien van dié produsente tot 5 000 liter melk per dag gelewer het. “Die melkkoper wat die hardste geslaan gaan word, is Parmalat.”


Volgens Du Toit verdien boere in die distrik tans sowat R2,80 per liter melk, terwyl die gemiddelde produksiekoste per liter melk in die land op R3,99 staan.


Nog 12?

Tydens die vergadering is aangedui dat 12 produsente gedwing kan wees om die bedryf in die volgende drie maande vaarwel toe te roep mits produsentepryse nie opwaarts aangepas word nie.


Baie melkboere in die omgewing was die afgelope paar maande ook genoop om van hul beeste te verkoop om hul koste en skuld te delg.


Du Toit sê die verhoging van 30c per liter wat Parmalat onlangs aangekondig het, “beteken vir hom niks”. Dié verhoging is van toepassing op melk wat ’n produsent meer lewer as dié kwota wat verlede jaar vir hom vasgestel is.


Luidens ’n verklaring van die Melkprodusente Organisasie (MPO) is produsentepryse tans tot 7% laer as wat die geval verlede jaar was.


“Internasionaal het produsentepryse reeds by die styging in internasionale suiwelprodukpryse aangepas. Die Suid-Afrikaanse melkprodusent ervaar egter tans stagnante produsentepryse, terwyl produksiepryse sedert 2010 skerp gestyg het. Invoerpariteit is tans in die omgewing van R4 per liter, terwyl die gemiddelde produsenteprys plaaslik ongeveer R2,80 per liter is,” aldus die MPO.


Prysmeganismes

Tydens die vergadering het produsente ook hul ontevredenheid oor prysmeganismes uitgespreek, wat - volgens hulle - melkprodusente in die Overberg geldelik ernstig benadeel, terwyl melkprodusente in ander streke bevoordeel word.


Volgens die organisasie sê die produsente die “aanvaar dit of nie”-benadering gaan daartoe lei dat van die land se beste gehalte melk vir verbruikers verlore sal wees.


“Die staking van melkproduksie in die Overberg-streek kan ook verdere druk op die omgewing plaas deurdat melkkopers hul grondstof oor lang afstande na prosesseringsaanlegte sal moet vervoer,” aldus Du Toit.


Een van die oplossings wat oorweeg word, is om nuwe, gestruktureerde sake-eenhede op produsentevlak tot stand te bring.


* Lees hier meer oor die invloed van bek-en-klouseer op die melkbedryf.


4 Julie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot