Die sakebedrywighede van OVK se handelstak op Wepener was Maandag (6 Februarie 2012) opgeskort ná ’n inbraak oor die naweek waartydens ’n onbekende kontantbedrag buitgemaak is.
Mnr. Wimpie Hamman, die takbestuurder, sê die winkel het gesluit gebly terwyl die polisie se ondersoek aan die gang was.
Hy sê inbrekers het Saterdagnag of Sondag toegang tot die gebou verkry en die deur van die instap-kluis oopgedwing.
Benewens ’n bedrag kontant wat gesteel is, is skade aan die gebou en aan die kluis se deur aangerig.
6 Februarie 2012