
’n Australiese sakeman is heeltemal verras omdat Japanese verbruikers heel gaande is oor “jerky” of biltong.
Luidens ’n berig op The Land voer mnr. Don Nisbet, besturende direkteur van New World Foods, Oz-biltong sedert Mei na Japan toe uit, en die gewildheid daarvan het hom onkant betrap.
“Voordat ons geweet het wat tref ons, was ons in Tokio en het ’n ooreenkoms gesluit. Japan het ons eerder gevind as wat ons hom gevind het,” sê hy.
Voglens Nisbet is die Japanse mark vir gedroogde vleishappies sowat 135 miljoen Australiese dollar werd. Die Australiërs het die tradisionele droë biltong wat met ’n cowboy-identiteit verpak is, vervang met natter biltong en ’n meer moderne verpakking. Die Japannese raap dit glo op!
* Suid-Afrika kan sekerlik ook daardie mark probeer, veral met Schalk Burger, Jacque Fourie en Fourie du Preez wat daar rugby speel. Dis verseker manne wat SA biltong daar sal kan bevorder? Wat seker SA se lekkerste uitvoer-produk kan wees.
Bron: The Land