
'n Span van vier moet die herstrukturering van ál Australië se verteenwoordigende landbou-entiteite afhandel.
Die National Farmers’ Federation (NFF) het in Oktober 2014 besluit om 'n verenigende model te skep wat voorspraak kan maak vir sake van nasionale landboubelang.
Luidens 'n berig in The Land is die doel van dié model om dupliserende staatstrukture te verwyder en om die beskikbare hulpbronne vaartbelyn te maak vir die skep van ‘n nasionale liggaam onder een handelsmark.
Een van die redes vir dié stap was omdat boere bekommerd was oor die toenemende fragmentering van landbou-organisasies. Die verskillende landbou-organisasies is nou glo onder geweldige druk om saam te staan.
Bron: The Land