AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Pak brusellose met alle mag!

Boere kan ‘n belangrike rol speel om die gevaarlike siekte brusellose te beheer.

Die hele Suid-Afrika sal daarby baat vind en elke veeboer sal sodoende sy skade en geldverliese hokslaan.

Volgens die Julie-verslag van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) is brusellose een van die belangrikste siektes waarna boere moet oplet. Dr. Faffa Malan, RuVASA se bestuurder, sê in die verslag ‘n geval is onlangs aangemeld waar ‘n kudde positief vir die siekte getoets het nadat dit vir dertig jaar vry van hierdie bakteriese siekte was. Dit tas nie net diere aan nie, maar is ‘n soönose wat dus ook vir die mens gevaarlik is.

Brusellose is hoogs aansteeklik. Die enigste kliniese teken dat ‘n vers of koei die siekte het, is wanneer hulle aborteer. Dan word miljoene bakterieë vrygestel in die nageboorte en vrugwater wat ander beeste kan aansteek. Wanneer kalwers wel van besmette vroulike diere gebore word, kan so ‘n vers ook die siekte onder lede hê. Sy kan aborteer of die bakterieë in die nageboorte en vrugwater uitskei wanneer sy kalf.

Beheermaatreëls

Verskalwers moet op ouderdom vier tot ses maande met Brucella abortus stam 19-entstof of RB 51-entstof ingeënt word. ‘n Opvolg-inenting met lewende RB51 kan gedoen word om die immuniteit te versterk. Inenting waarborg nie immuniteit nie. Blootstelling aan groot getalle bakterieë kan dus ‘n vers of koei se immuunstelsel oorweldig en die dier sal besmet word.

Boere moet baie versigtig wees wanneer ‘n dier geaborteer het sodat hulle nie self besmet word nie. Besmetting kan plaasvind wanneer hulle met die entstof werk, ‘n dier help om te kalf, ‘n aborsie hanteer of ongepasteuriseerde melk drink.

Malan sê ‘n goeie biosekerheidsplan is op die plaas nodig. ‘n Veearts kan raad gee oor hoe om die siekte uit te hou, byvoorbeeld inenting, aankoop van diere slegs by boere wat goeie biosekerheid toepas, diere laat toets vir die siekte om sodoende negatief vir brusellose gesertifiseer te word, instandhouding van plaasheinings, toets van geaborteerde fetusse in ‘n laboratorium en beheer van honde en roof- en aasdiere sodat hulle nie aan ‘n geaborteerde fetus vreet en besmette materiaal op weiding rondsleep nie.

Inwendige parasiete

RuVASA het talle verslae van veeartse oor parasietbesmettings ontvang. Sien die tabel hieronder vir ‘n opsomming van siektes en besmettings.

Haarwurms en bankrotwurms neem veral toe onder kleinvee langs die Visrivier in die Oos-Kaap. Boere moet oplet na tekens van bloedarmoede en kwakkeel, wat simptome van wurmbesmetting is. Lewerslakwurms het ook reeds talle slagoffers geëis. Diere wat weens PEM (‘n tekort aan proteïen en energie) gevrek het, het ‘n hoë besmetting met hierdie inwendige parasiete getoon, wat vee besmet wanneer hulle by stilstaande waterbronne wei.

Uitwendige parasiete

Bosluise kom in verskeie dele van die land in groot getalle voor. Vee moet nou behandel word om grootskaalse besmetting met veral volwasse bruinoorbosluise gedurende die somer te voorkom.

Bosluis- en insekoordraagbare siektes

Malan sê Afrikarooiwater is in ses provinsies aangemeld, Asiatiese rooiwater in vier provinsies, anaplasmose in sewe provinsies en hartwater in ses provinsies.

Geslagsiektes

Die stryd teen geslagsiektes by vee is nog steeds nie gewen nie en boere ly miljoene rand se skade weens siektes soos trigomonose. Boere moet goeie biosekerheid toepas en seker maak hulle koop vee slegs by telers wie se diere nie besmet is nie. ‘n Enkele besmette bul kan ‘n kudde se kalfpersentasie met tot 60% laat daal.

Bakteriese siektes

Talle gevalle van sponssiekte is by veeartse aangemeld, sê Malan. “Indien boere hul vee daarteen ingeënt het, sou hulle sulke gevalle kon voorkom,” sê hy.

Waak ook teen lamsiekte wat deur ‘n dodelike toksien veroorsaak word wat op enige plek kan voorkom. Boere moet hul vee daarteen inent.

Johne se siekte versprei ook en skaapboere moet daarteen waak om skape by boere met ‘n besmette kudde te koop.

Virussiektes

Vrektes weens beesasemhalingsiektes het gedurende Julie in ál nege provinsies voorgekom. Dit kan deur inenting voorkom word.

Snotsiekte vier hoogty en veeboere moet seker maak wildebeeste en beeste word so ver moontlik van mekaar weggehou.

Hondsdolheid, ‘n soönose, is wyd aangemeld. Boere moet versigtig wees wanneer hulle diere hanteer wat vreemde gedrag openbaar. Honde en katte moet daarteen ingeënt word.

Vuilbek en vratte kom ook wyd in Suid-Afrika voor.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor die voorkoms van siektes, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of kan voorkom, voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete ingekoop word.

* Sien ook: http://ruvasa.vetlink.co.za/disease-reporting/

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.1%
Rand - Pond
20.22
-0.1%
Rand - Euro
17.61
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.22
+1.5%
Silwer
21.02
+1.5%
Palladium
2,319.50
+4.3%
Platinum
935.01
+3.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot