AFGRI
BEAN
05 Jul
-
8645
0,00
CORN
05 Jul
-
4108
0,00
SOYA
05 Jul
-
8368
0,00
SUNS
05 Jul
-
10306
0,00
WEAT
05 Jul
-
7490
0,00
WMAZ
05 Jul
-
4309
0,00
YMAZ
05 Jul
-
4283
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
24 Jun
-
60,13
0,04
Beeste AB2/3
24 Jun
-
57,78
0,16
Beeste B2/3
24 Jun
-
53,27
-0,33
Beeste C2/3
24 Jun
-
47,34
0,58
Bevrore Hoender
24 Jun
-
30,91
0,02
Bokkies (onder 30 kg)
24 Jun
-
68,01
-4,77
Bokooie
24 Jun
-
62,41
8,57
Groot (meer as 40 kg)
24 Jun
-
46,26
0,61
Hoender (IQF)
24 Jun
-
29,67
-0,30
Medium (30-40kg)
24 Jun
-
57,08
-0,23
Pork Average
24 Jun
-
27,15
-0,03
Poultry Average
24 Jun
-
30,68
-0,08
Skaap A2/3
24 Jun
-
105,21
-2,43
Skaap AB2/3
24 Jun
-
87,48
-0,05
Skaap B2/3
24 Jun
-
81,33
0,49
Skaap C2/3
24 Jun
-
76,9
-1,16
Speenkalf
24 Jun
-
36,17
-0,75
Spekvarke
24 Jun
-
28,11
0,31
Stoorlammers
24 Jun
-
53,52
0,23
Varkwors
24 Jun
-
22,34
0,14
Vars Hoender
24 Jun
-
31,45
0,03
Vleisvarke
24 Jun
-
27,07
-0,03

PALS wil sy vlerke sprei na res van die land

akkreditasie
Me. Lien Visagie en mnr. Joseph Ndaba, direkteure van die Eyethu Intaba-grondhervormingsprojek van Donkerbos-landgoed, deel hulle ervarings met die gehoor van die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium. Foto: Liza Bohlmann
Me. Lien Visagie en mnr. Joseph Ndaba, direkteure van die Eyethu Intaba-grondhervormingsprojek van Donkerbos-landgoed, deel hulle ervarings met die gehoor van die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium. Foto: Liza Bohlmann
In vyf jaar het die Witzenberg-PALS-inisiatief bewys dat grondhervorming en landbouontwikkeling gedoen kan word op ’n wyse wat ekonomiese groei, werkskepping en sosiale harmonie bevorder. Dis tyd dat die inisiatief na alle streke in die land uitgebrei te word.

Dit is die boodskap wat me. Lien Visagie, voorsitter van Witzenberg-PALS, in haar jaarverslag op die organisasie se vyfde jaarvergadering oorgedra het.

Visagie het gesê die hernude besef van die landbou se belang as sektor tydens die Covid-19-pandemie en die noodsaaklikheid vir inklusiewe ekonomiese groei, maak PALS se rol in die toekoms nog belangriker. “Ons boere en lede het groot hoeveelhede kos geskenk om die nasie gedurende die Covid-tydperk te voed.”

Sy het gesê dat pres. Cyril Ramaphosa se mededeling aan die parlement op 18 Junie 2020 dat die PALS-inisiatief die ideale voorbeeld vir inklusiewe ekonomiese groei is, bevestig PALS se status as leier op die gebied van grondhervorming en landbouontwikkeling.

“Hopelik kan ons in die volgende vyf jaar die PALS-sentrum as nasionale kantoor vestig, vanwaar ander streke gehelp kan word om hul eie PALS-inisiatiewe aan die gang te kry.

“Vir ons toekoms is dit belangrik om voort te gaan om die PALS-raamwerk se praktiese, inklusiewe landbouontwikkelings en grondhervormingspraktyk verder uit te bou. Dit is tyd vir die land om die wenresep van PALS as bloudruk vir elke streek te aanvaar.”

Vasbyt

Hoewel die organisasie aanvanklik meer as honderd nuwe projekte beoog het, het vertragings by sekere staatsinstellings verskeie projekte gekortwiek. Vertragings is ondervind met die erkenning aan produsente, die verskaffing van elektrisiteit en infrastruktuur, waterpermitte vir surpluswater, belastingtoegewings, onderverdelings en bekostigbare finansiering.

Ten spyte van die vertragings het PALS voortgegaan om talle nuwe volhoubare landboubesighede te vestig. PALS koördineer ongeveer 35 landboubesighede met beherende of wesenlike swart aandeelhouding.

Projekte

Benewens die vestiging van nuwe PALS-besighede met grondoordragte en titelaktes, is nuwe boorde en infrastruktuur ontwikkel. Miljoene rande se boord- en ander ontwikkelings word deurlopend gedoen met die gepaardgaande ekonomiese groei.

Kaja Boerdery is formeel oorgedra met meer as 10 ha steenvrugte wat reeds geplant is. Bykans 300 ha vrugteboorde, sitrusboorde, tafeldruiwe, groente en ander ontwikkelings is in proses of reeds gedoen op La Vouere, Stukkiewit, Eyethu Intaba, Dasberg, Bambisane, Bestwill, VDM Mpho, Morceaux, Kliprivier, Thembelitsha, Dwarsberg en ander plase.

Volgens bedryfsnorme is 480 direkte werksgeleenthede reeds hierdeur geskep. Duisende poste is ook opwaarts en afwaarts in die waardeketting geskep.

Tans is Ceres Tierberg in die Koue Bokkeveld, Rockbelt Ridge in Robertson, Bakenskloof in Greyton en verskeie projekte in die Noord-Kaap en Breërivier ook in die motiveringsfase en word beoog om dit binne die volgende ses maande aan die gang te kry.

’n Formele stigtingsvergadering van die Oos-Vrystaat PALS-sentrum word vir vroeg in 2021 beoog.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.32
+0.2%
Rand - Pond
19.78
+0.1%
Rand - Euro
17.05
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,811.41
+0.1%
Silwer
20.15
+0.8%
Palladium
1,945.22
+0.6%
Platinum
887.00
0.0%
Brent-ruolie
113.50
+1.7%
Top-40
60,902
0.0%
Alle aandele
67,025
0.0%
Hulpbronne 10
63,634
0.0%
Industriële 25
81,244
0.0%
Finansiële 15
14,837
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vat n Kans van n Leeftyd
Ek is spontaan lag graag hou van grappe maak en lekker om saam my te wees. Dink ek us nogal Great Fun. en ja ek mal oor dans kos maak braai en .
If not, why not..
Nie "actively" opsoek nie maar toets die water. Onafhanklike besigheidseienaar(es ) en ma van 'n tiener-seun. Baie aktiewe en sosiale leefstyl.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot