AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Parmalat steel kollig met gouda-kaas

? Verouderde Gouda-kaas wat Parmalat vir Woolies maak, is SA se Suiwelproduk van die Jaar, die mees gesogte toekenning in dié bedryf.

Parmalat se Mature Gouda (10 maande) wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is tydens die  Agri-Expo Qualité Toekenningsdinee as 2017 se SA Suiwelproduk van die Jaar bekroon.

Hierdie kaas, 'n aromatiese en intens-gegeurde kaas, volg in die voetspore van hul 6-maande verouderde Gouda wat hierdie gesogte titel in 2006 ingepalm het.

Agri-Expo sê in 'n nuusverklaring dat 854 produkte van 83 produsente vir die kampioenskap ingeskryf is. Altesaam 74 beoordelaars uit die geledere van onder meer voedseltegnoloë, kaashandelaars, kosskrywers en bekende sjefs het die produkte beproef. Slegs 16 produkte uit die magdom inskrywings is met die Qualité-kwaliteitsmerk vereer, terwyl 95 as SA Kampioene aangewys is.

Nuwe kategorie vir melk

Selfs ná 183 jaar waarin Agri-Expo hierdie toonaangewende kompetisie met groot sukses en met groot waardering vanuit die bedryf aanbied, is hy steeds voortdurend aan die uitkyk vir innoverende maniere om die proses te vervolmaak. Derhalwe is vanjaar nuwe kategorieë vir gepasteuriseerde melk en UH- melk geskep.

“Ons is maar te bewus van die voorkoms van kwaliteit- en smaakverskille as dit by melk kom en ons is voorwaar verras met die verskeidenheid en gehalte van inskrywings,” sê mnr. Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo. “Die beoordelaars het vier melkprodukte as SA Kampioene aangewys: Clover se Prisma UHT Volroom én UHT Laevet, Fairfield Dairy se Woolworths Gepasteuriseerde Melk (Laevet – Ayrshire), sowel as die Woolworths Ayrshire Volroom Melk deur Rhodes Food Group.”

Kwaai mededinging

“Dit is geen maklike taak om die Suiwelproduk van die Jaar uit te ken nie,” vertel mnr. Kobus Mulder, hoofbeoordelaar en internasionale suiwelkundige. “ 'n Mens moet onthou dat produkte in klasse soos roomys en botter, of maaskaas en skaapmelkkaas met mekaar moet meeding. Om hierdie rede het Agri-Expo 'n nuwe prosedure ingestel waar die Qualité-wenners teen mekaar opgeweeg word om die mees superieure produk vanuit hierdie eersteklasprodukte te bepaal. Voorheen het die eer bloot die produk met die hoogste algehele puntetelling te beurt geval.”

Altesaam 13 nuwelinge tel onder vanjaar se produsente wat hul produkte ingeskryf het – vyf hiervan maak hoofsaaklik bokmelkprodukte wat die neiging van groei in hierdie nisprodukte gestand doen.

* Vir meer inligting en die volledige uitslae, besoek http://www.cheesesa.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot