AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Pas eerder bestaande drankwette toe, vra Vinpro

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Wetgewing as sodanig gaan nie alkoholmisbruik hokslaan nie, sê mnr. Rico Bassoon, besturende direkteur van Vinpro.

Die broosheid van die wynbedryf noodsaak ’n beleidsraamwerk wat wetgewing kan toepas, maar ook groei kan stimuleer, het Basson gesê in reaksie op die departement van handel, nywerheid en mededinging se planne om verdere wysigings aan die wysigingswetsontwerp op drank te maak.

Die wysings aan die wetsontwerp is al in 2016 die eerste keer op die tafel geplaas, maar in 2018 eers op die lange baan geskuif. Dit handel onder meer daaroor om die wetlike ouderdomsperk waarop mense alkohol mag gebruik van 18 tot 21 jaar te verhoog en wil ook ’n stokkie steek voor alle alkoholadvertensies.

Volgens mnr. Bongani Lukhele, ’n woordvoerder van die departement, het dit tydens die inperking duidelik geword dat die probleem van alkoholmisbruik groter is as wat aanvanklik vermoed is. Die huidige voorgestelde wetgewing is dus onvoldoende om die probleem op te los. Die regering het ’n meer omvattende benadering nodig.

Basson sê daar is groot druk van anti-alkoholgroeperings wat voortdurend wil sien dat verdere regulasies ingestel word.

“Ons sit egter met een groep wat tot elke prys druk vir nuwe reëls, en ’n bedryf wat homself wil reguleer en saamwerk om probleme op te los,” sê hy.

“Ons wynbedryf is reeds streng gereguleer, maar die probleem is dat die verskillende wette nie behoorlik toegepas word in die formele en informele handel nie. Daarom maak onwettige handel 22% van die bedryf uit. Ons is nie gekant teen ’n ondersoek na nuwe maatreëls nie, want ons weet ons het ’n probleem in die gemeenskap, maar ons weet ook wetgewing gaan dit nie oplos nie. Om die minimum ouderdom bloot te verhoog, gaan nie keer dat ’n 15-jarige drink nie.”

Een van die onbedoelde gevolge van die alkoholverbod tydens die covid-19-inperking was juis die ontploffing van onwettige handel. Die bedryf sukkel steeds om sluikhandel en konkoksies uit te roei.

Penarie

Hoewel Basson begrip het vir die verbod op alkoholadvertensies, sê hy dit skep ’n penarie vir klein, nuwe kelders wat pas hul deure oopgemaak het.

“Ons moet gaan kyk na wat die sosiale en ekonomiese impak van die wetgewing is en dan om die tafel gaan sit om daaroor te praat. Ons moenie lukrake reëls neerlê wat tot nadeel gaan wees van ’n bedryf soos ons s’n, wat reeds onder druk is nie.”

Hy het ’n beroep gedoen dat spesifieke ingrype, soos by onwettige tavernes, oorweeg word pleks daarvan om die hele bedryf “breedweg te penaliseer”.

Vinpro is voortdurend in gesprek met die verskillende provinsies se drankrade en die departemente van handel, nywerheid, landbou en gesondheid.

Basson glo die wynbedryf is eiesoortig in die drankbedryf, want dis die enigste bedryf wat produkte uitvoer, en met ’n toerismebeen.

“Ons (die drankbedryf) moet dus as een stem praat, maar ons moet ook seker maak daar word reg gekyk na ons segment.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot