AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Pas invoerregulasies vir vee nou toe’

Invoerregulasies vir lewendehawe uit die buurlande moet nou toegepas word, sê dr. Pieter Vervoort.

“Die implementering van invoerregulasies vir lewendehawe vanaf die buurlande het nou noodsaaklik geword,” sê dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum.

“Die implementering sloer nou al te lank en vir almal se onthalwe moet dit nou gefinaliseer word”, sê Vervoort in ‘n nuusverklaring wat die forum uitgereik het.

“Ingevolge die huidige invoermaatreëls word Suid-Afrika se nasionale dieregesondheidstatus nie goed genoeg beskerm nie. Die land is blootgestel aan beheerde siektes en soönose (siektes wat van diere na mense oorgedra kan word). Die huidige regulasies is uit lyn uit met Suid-Afrikaanse wetgewing, die riglyne van die internasionale organisasie vir dieregesondheid (die OIE) en die sogenaamde 'terrestrial codes'. Die beheerde siektes wat tans in die permit aangedui word, is dieselfde as wat op die OIE se web-bladsy verskyn en dieselfde siektes word byvoorbeeld gelys in Namibië se invoerpermit.”

Eenparige besluit

Vervoort sê die versoek dat die invoerregulasies ingestel word, was ‘n eenparige besluit wat tydens die Nasionale Dieregesondheidsforum se laaste vergadering geneem is. Die versoek is ook eenparig ondersteun tydens die onlangse bedryfskonferensie van Agri SA.

Die konsultasieproses oor invoerregulasies vir lewendehawe vanaf die buurlande het reeds in Desember 2013 begin. Vervoort het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gelukgewens met die uiters deursigtige wyse waarop dit gedoen is, maar implementering het nou krities noodsaaklik geword weens die feit dat die nasionale dieregesondheidstatus van die land bedreig kan word.

Van die organisasies wat in die Dieregesondheidsforum verteenwoordig is en ook die bedryfskonferensie bygewoon het, sluit in die Melkprodusente-organisasie (MPO), die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO), die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), die SA Verenging vir Lewendehawe-agente (SAFLA), die Kleinvee Dieregesondheid Advieskomitee, Cape Wools, die Nasionale Dierewelsynsorganisasie, die Plattelandse Veeartsenyvereniging (RuVASA) , die Universiteit van Pretoria, Melk SA, die Suid-Afrikaanse Bokhaarkwekersvereniging, die SA Varkvleisprodusente-organisasie (SAVPO), Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), Agri SA, TLU SA, AFASA en die wildbedryf. Ander organisasies wat nie noodwendig in die lewendehawebedryf betrokke is nie, het dit egter ook eenparig ondersteun ten einde hul uitvoermarkte te beskerm.

Die invoerregulasies van sekere van die buurlande is op ‘n vergelykende basis baie soortgelyk aan die maatreëls wat vir kommentaar afgekondig is.

Vervoort sê die nuwe maatreëls sal nie die invoer van lewendehawe van die buurlande ernstig beperk nie. Dit is net ‘n kwessie van nuwe prosedures wat in plek geplaas moet word. Verder het dit geen invloed op die invoer van vleis van Suid-Afrika se buurlande nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot