AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Patentestryd woed oor hidroponika

’n Venynige geskil oor twee Pretoriase broers se revolusionêre hidroponika-tegnologie speel hom tans af voor die hof van die patentekommissaris in Pretoria.

Die geslote hidroponika-stelsel, waaroor Landbouweekblad in sy 20 Mei-uitgawe berig het, kan tot 1 200 plante per vierkante meter kweek, terwyl dit water, voedingstowwe en krag baie suinig gebruik.

Die twee broers, mnre. Jacques en Eugene van Buuren, bemark tans dié stelsel onder die naam Eden Green Hydroponics. Hulle mag egter kragtens ’n onlangse interdik nie adverteer dat hul stelsel gepatenteer is nie omdat hul patent-aansoek vir dié stelsel nog hangende is.

Mnr. Gideo van der Merwe, hul voormalige sakevennoot, het dié interdik aangevra, maar die regstryd oor wie nou eintlik die intellektuele eiendom van die tegnologie besit, is nog lank nie verby nie. Jacques verduidelik in hofstukke hy het bykans ses jaar gelede begin eksperimenteer met ’n hoëproduksie-hidroponikastelsel.

Hy en Eugene het saam verskeie prototipes gebou en vroeg in 2014 na vennote begin soek om dit te help patenteer en kommersialiseer. ’n Gemeenskaplike sakekennis het hulle aan Van der Merwe voorgestel.

Vennootskap

Die drie mans het saam ’n maatskappy, Timolux, gestig, en die Van Buuren-broers het verder op Van der Merwe se kleinhoewe buite Pretoria aan die ontwerp gewerk terwyl patente onder die maatskappy se naam ingedien is.

Die Van Buurens voer in hofstukke aan dat Van der Merwe toe hul uitvindsel “gekaap” het deur eers sonder hul medewete sy eie prokureurs te gebruik om beheer oor die patente-aansoek by die Kommissie op Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) oor te neem, toe die patent laat verval het en toe nuwe patente onder sy eie naam bekom het. Van der Merwe het toe die Van Buuren-broers laat uitskop as direkteure van die maatskappy Timolux, sonder hul medewete.

Intussen het die Van Buuren-broers die tegnologie verder ontwikkel en dit begin bemark in die maatskappy Eden Green Hydroponics. Van der Merwe wil sý maatskappy op die kapitaalmarkte lys om grootskaalse finansiering te bekom.

Interdik

Van der Merwe het in Mei 2015 die Van Buuren-broers gedagvaar om bemarkingsmateriaal wat aanvoer dat hul tegnologie gepatenteer is, terug te trek. Hy het aangebied om dié geding te laat vaar in ruil daarvoor dat hulle hom 2,5% tantieme betaal vir die gebruik van sy patent.

Die broers het dié aanbod van die hand gewys en toe vroeg in Junie 2015 ’n teenaansoek geloods waarin hulle die hof vra om Timolux se heel eerste patente-aansoek te herstel, en ook om hul posisie binne Timolux te herstel sodat hulle hul uitvindsel kan beskerm en kan voortgaan met die oorspronklike patente-aansoek.

Dié aansoek sal na verwagting in September aangehoor word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot