AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Patroon in grondhervorming tree na vore

Die fokus van grondverkrygings deur die Regering en private kopers van kleur fokus op bepaalde areas en streke in dié provinsies wat van historiese belang vir hulle is.

In vyf provinsies van SA is 40% en meer van die landbougrond in swart besit, wat aandui dat kopers verkies om grond op sekere plekke te koop.

Die grondouditprojek wat Agri Development Solutions in samewerking met Landbouweekblad en Landbou.com doen, bring interessante waarnemings na vore.

In Tabel hieronder word die verskuiwing van die eienaarskap van landbougrond op basis van kleur sedert 1993 aangetoon.

Tabel: Grondbesit in die hande van mense van kleur – 1993 teenoor 2016 (raming)

Oor hierdie tydperk het mense van kleur se eienaarskap van landbougrond van 14,9% in 1993 verhoog tot 34,5% in 2016. Wesenlike veranderings in die eienaarskap van mense van kleur per provinsie, word waargeneem. In vyf provinsies, waaronder die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Gauteng en Noordwes dui die syfer op swart eienaarskap van 40% en hoër.

Die fokus van grondverkrygings deur die Regering en private kopers van kleur is duidelik gekonsentreer op bepaalde areas en streke in dié provinsies wat van historiese belang is vir mense van kleur. Dit hou sonder meer implikasies in vir die toekoms van die landbou in die RSA, waar hierdie grond sonder uitsondering as hoëpotensiaal grond geklassifiseer word. (Sien kaart van drakrag.) Die gevolg van mislukking in die gebruik van dié spesifieke gronde en die gevolglike impak op voedselproduksie, spreek vanself.

Die verhouding tussen landelike en stedelike eise wat deur die Departement Grondsake sedert 1994 gehanteer is, is in Kaart 2. Die hoë konsentrasie van stedelike eise (70% en hoër) in ses provinsies is  duidelik.

Kaart 2: Grondeise-persentasies van 1994 tot 2016

In Tabel hieronder word aangedui dat in vier provinsies meer as 70% van die totale koste wat deur die Departement aangegaan is, vir finansiële kompensasie gebruik is.

In totaal is R12,5 miljard hieraan  bestee. Uit 'n totaal van R43,1 miljard wat sedert 1994 tot begin 2016 deur die Departement aangewend is, was R25,8 miljard as grondkoste en 'n verdere R4,7 miljard as “grants” of toekennings. (Sien tabel hieronder vir 'n uiteensetting van die per kapita aanwending.)

'n Verdere kwessie van bepalende belang vir grondgebruik in die RSA is die faktor van die bevolkingsdigtheid en migrasie. Bevolkingsgetalle met 'n digtheid gemeet aan hektaar per persoon  het vanaf 174 ha per persoon (na raming 700 000 mense in totaal in die land in die 1600’s), progressief geskuif tot 'n verhouding van 2,2 ha per persoon in 2015.

Daarteenoor het verstedeliking van 23,4% in die vroeg 1920’s eksponensieel gegroei tot ongeveer 65% tans (totale bevolking geraam op 56,9 miljoen mense). As in ag geneem word dat die bevolking in die RSA na verwagting tot 66,9 miljoen sal groei in 2030 (wat 'n toename van 17,6% verteenwoordig) met 71,3% verstedelik, kry die vraag na grond 'n ander dimensie: Voedselvoorsiening raak dan 'n uitdaging. Dis nie alleen t.o.v. waar meer mense hulself bevind en hul behoeftes (onder meer grond) nie, maar ook oor grond as hulpbron in die produksieproses.

Druk op die verkryging van grond, lees landbou grond, nie alleen deur die Regering en mense van kleur nie maar ook alle ander dissiplines in die ekonomie, maak dit vir kommersiële landbou 'n uitdaging. Hoe groot? Vir die tydperk 2000 tot 2016 was die gemiddelde groei in die volume van landbouproduksie vir voedsel 1,4% per jaar (totale produksie 1,2% per jaar).

Dié prestasie, vergelyk met die verwagte bevolkingsgroei oor die volgende 13 jaar tot 2030, blyk 'n uitdaging.

Die hoe en die waar van grondhervorming maak saak vir die toekoms van Suid-Afrika.

(Lees ook die ontledings van Plaasverkope hier.)

* Geskryf deur Johann Bornman, voorsitter van Agri Development Solutions.

Kontak die skrywer by: jchb@mweb.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+0.3%
Rand - Pond
21.15
+0.4%
Rand - Euro
18.84
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Platinum
975.86
+0.2%
Palladium
1,648.52
+3.1%
Goud
1,869.11
+0.1%
Silwer
22.13
-0.7%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Baie "Humble" wil gelukkig wees
Ek is gelukkig in myself, het al baie hartseer beleef. Ek is baie self versekererd hou van mense. Ek is liefdevol, en gee altyd net my beste, ek gee om, help altyd waar ek kan....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot