
Dr. George Aldrich, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Saalperdtelersgenootskap, sê panne, damme en vleie is oral tot oorlopens toe vol. Dit skep omgewingstoestande wat gunstig vir die uitbroei van muggies en muskiete, wat virussiektes, soos slenkdalkoors, bloutong, Wesselsbron-siekte, Afrika-perdesiekte, drie-dae-stywesiekte en wesnylkoors, veroorsaak.
Hy sê daar was ’n vermoede van ’n geval in die provinsie, maar dit is nie bevestig nie. Hy het die kouer weer van die afgelope week verwelkom aangesien dit die uitbroei van muggies beperk.
“Ons sit op hete kole aangesien perdesiekte die aanbied van die nasionale Saalperdkampioenskapsbyeenkoms van 25 tot 30 April tydens Bloemskou in die wiele kan ry. Die veearts vir die byeenkoms wat met die meeste deelnemende perde werk, is ten volle bedag op moontlike gevalle van perdesiekte,” sê Aldrich.