AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Perdesiekte teister Namibië

Die grootste epidemie nóg onder perde in Namibië het reeds sowat 10% van die land se perde geëis, terwyl Afrika-perdesiekte in die Wes-Kaap onder beheer is.

Die grootste epidemie nóg onder perde in Namibië het reeds sowat 10% van die land se perde geëis, terwyl Afrika-perdesiekte in die Wes-Kaap onder beheer is.


Luidens ’n berig in die Republikein (15 Junie) sê dr. Wolfgang Späth, ’n veearts, veroorsaak ‘n onbekende perdesiekte die grootste epidemie van sy aard ooit in Namibië en het hy die afgelope paar maande al meer as 1 000 perde net in die Khomasstreek behandel.


Dr. Cleophas Bamhare, die waarnemende hoofveearts van die Namibiese mnisterie van landbou, water en bosbou, sê die omvang van die siekte kan groter wees, maar mense versuim om dit aan te meld.


Simptome

Volgens dr. Alma Raath van Gobabis het perdesiekte glo vier tipes simptome. Veeartse kan net die simptome van besmette diere behandel omdat daar op die oomblik geen doeltreffende middel teen perdesiekte bestaan nadat dit uitgebreek het nie.


Die eerste simptoom is longverwant en staan bekend as “dunkop”. Die aangetaste perd se koors is baie hoog en die dier sukkel om asem te haal. Die perd se bek en neus raak ook slymerig.


Die hartvariant van dié perdesiekte staan bekend as “dikkop”, wat swelling van die kop en ooglede veroorsaak terwyl die vliese van die bek en oë bloei.


Die siekte word deur muggies versprei, en kan nie van perd na perd oorgedra word nie. “ ’n Muggie kan wel die virus van een perd na ’n ander oordra,” lui die berig.


Die Wes-Kaap

Intussen sê mnr. Wouter Kriel, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van landbou en landelike ontwikkeling, die uitbreking van Afrika-perdesiekte in die provinsie is onder beheer en die verbod op beweging wat by Mamré, buite Kaapstad, ingestel is, is opgehef.


Perde wat die Wes-Kaap binnekom, moet egter steeds vir twee tot drie weke onder kwarantyn by Beaufort-Wes staan voordat hulle in die provinsie toegelaat word.


“Daar was meer as ’n maand gelede laas tekens van die siekte, derhalwe is die verbod opgehef,” vertel Kriel. Die verbod op die uitvoer van perde is egter steeds van toepassing. Hy sê die Europese Unie het al aangedui dat dié verbod tot twee jaar gehandhaaf kan word – na gelang van toekomstige toetsresultate.


Tydens dié uitbreking het 70 perde van voorheen benadeelde eienaars gevrek, waarvan 58 positief getoets het vir die siekte. Kommersiële boere in die provinsie het ses perde verloor.


Lees hier meer oor Afrika-perdesiekte.


Bron: Republikein


15 Junie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot