AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Perskebome dra swaar aan vrugte

Vanjaar se perske-oes kan een van die grootste nog wees, maar die appelkoos-oes is kleiner as verlede jaar.

Een van die grootste taaipitperske-oeste nóg word vanjaar verwag, maar net as daar genoeg water beskikbaar is om die hele oes groot te maak tot Februarie.

Mnr. Wiehahn Victor, hoof uitvoerende bestuurder van die Inmaakvrugte-produsentevereniging (IPV), sê die jongste skatting toon ’n allemintige oes van 172 200 ton. “Dit sal die tweede grootste oes in die bedryf se geskiedenis wees,” het hy tydens ’n inligtingsdag op Worcester gesê. Verlede jaar is 164 459 ton taaipitperskes geoes.

“Die boorde het goed geblom en die jong bome het uitstekend geset. Die blomdatum stem ooreen met die langtermyngemiddeld en die oes behoort ook op sy normale tyd (volgens die langtermyngemiddeld) gereed te wees.”

Volgens Victor het kultivars soos Cascade, Supreme en Golden Pride ’n “geweldige oes” aan die bome. “Die grootste probleem is die uitdunkoste – dit beloop enorme bedrae om by uitdun by te bly.”

Hy het wel sy kommer uitgespreek oor of daar genoeg water beskikbaar gaan wees om die boorde deur te dra tot oestyd. Water blyk ’n probleem te wees in die Koue-Bokkeveld, Klein-Karoo en Villiersdorp-omgewings.

“Dit gaan ’n uitdaging wees en water gaan bepalend wees vir die grootte van vrugte. Dit sal bepaal of ons by die tonnemaat gaan uitkom. Die Theewaterskloofdam lê nou maar by 53% en daar is sprake van besnoeiings daar, asook by Brandvleidam. Ander waterbronne is ook onder druk.”

Hy het boere aan die minimum vruggroottes herinner. “As water ’n probleem is, neem asseblief die grootte in aanmerking. Vir perskes is dit 60 mm met 7,5% toelatings vir graad 1-vrugte. Daar is ’n verdere 5%-toelating vir graad 2-vrugte.”

Appelkoos-oes wisselend

Na raming sal die appelkoos-oes vanjaar sowat 30 275 ton beloop – sowat 700 ton laer as verlede jaar. Victor sê koueskade net na blomtyd het bygedra tot die kleiner appelkoos-oes.

“Die boorde en die gebiede verskil baie. Dit lyk of boorde in die Laer- en Klein-Karoo (plekke soos Barrydale, Ladismith en Calitzdorp) gemiddeld minder dra. Ashton en Bonnievale het ’n gemiddelde oes en in Robertson lyk dit na ’n uitstekende appelkoos-oes. Water gaan egter bepaal of dit ’n 32 000 ton of 29 000 ton oes gaan wees.”

Vars mark vir pere winsgewend

Victor meen die Bon Chretien-peeroes gaan vanjaar sowat 4 000 tot 5 000 ton ligter wees weens rypskade in sommige gebiede en ’n swak blomtyd. Veral die vroeë Bon Chretiens lyk nie so goed nie.

“Ons weet nog nie hoe erg die rypskade is nie, maar ons sal dit sien soos die rypringe verskyn en tot watter vrugte gaan afspeen.” Die vars mark vir pere is tans ook winsgewend met ’n groot vraag na uitvoerpere.

“Iemand wat pere voorberei gaan vanjaar kyk na grootte en eers die vars mark probeer bevredig. Die inmaak- en droogbedryf sal die res kry.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
+1.1%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.44
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,723.74
+1.4%
Silwer
21.07
+1.7%
Palladium
2,322.50
+4.4%
Platinum
936.00
+3.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot