Vuisvoos motoriste kan dalk in Junie ’n aangename verrassing kry met die petrolprys wat moontlik met minstens 29,9c per liter kan daal.
Volgens inligting van die Sentrale Energiefonds (SEF) kan die prys van petrol op 6 Junie skerp daal as die internasionale olieprys en die rand se waarde op dieselfde vlakke bly.
TimeLive berig daar was tot 3 Mei ’n gemiddelde oorverhaling van 26,918c per liter op die petrolprys. Dit is deels as gevolg van die internasionale olieprys wat tans afwaarts beweeg.
Die olieprys het op 3 April ’n hoogtepunt bereik, maar het sedertdien begin afplat. Die gemiddelde tydperk vir die Junie-prysverandering is 25 April tot 31 Mei.
Die daaglikse oorverhaling op 3 Mei was 61,84c per liter wat ’n stewige prysverlaging vir verbruikers kan beteken.
Die Amerikaanse ru-olieprys het Vrydag vir die eerste keer sedert Februarie onder $100 per vat beweeg met die rand wat tans op R7,74 teen die dollar staan.
7 Mei 2012