AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6900
-20,00
CORN
19 Okt
-
3075
-10,00
SOYA
19 Okt
-
7162
-43,00
SUNS
19 Okt
-
10615
12,00
WEAT
19 Okt
-
5725
-17,00
WMAZ
19 Okt
-
3186,4
-13,60
YMAZ
19 Okt
-
3344
-12,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Piet Retief: Nóg vervolgings moontlik

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Die Piet Retief-landdroshof in die munisipale gebied Mkhondo het die afgelope week teenstrydige getuienis gehoor oor die verloop van gebeure op 9 April op die plaas Pampoenkraal, waar twee mense geskiet is en ander met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem moes word.

Boonop lyk dit nou of daar nog vervolgings kan spruit uit ’n vorige voorval waarin ook twee mense dood is.

Vier boere, mnre. Daniel Cornelius Malan, Cornelius Lourens Greyling, Othard Johann Klingenberg, Ignatius Michael Steynberg, en mnr. Zenzele Mzikayise Patric Yende, ’n plaasvoorman, se borgtogaansoek sal op 26 April voortgesit word. Hulle word aangekla van moord op die broers mnre. Amos en Zenzele Coka. Mnr. Werner Potgieter sterk in die hospitaal aan nadat hy tydens die voorval skedelbreuk opgedoen het. Hy is ook ’n verdagte in die saak en het onderneem om hom aan die polisie oor te gee sodra hy gesond is.

Hy sal saam met Yende en Greyling op bykomende klagte van ontvoering en poging tot moord teregstaan. Malan word ook aangekla van dwarsboming van die gereg.

Die beskuldiges het Maandag in die hof hul stilswye verbreek en verklarings ingehandig ter stawing van hul borgtogaansoeke.

In sy eedverklaring wat aan die hof voorgelees is, erken Klingenberg dat hy een van die Coka-broers geskiet het, maar hy sê dit was uit noodweer.

Boere sê die Coka-broers het daar opgedaag nadat boere een van die oproermakers, mnr. Nhlanhla William Hlatswayo, onder burgerlike arres geplaas het. Die oproermakers was glo aggressief en het volgens Klingenberg se verklaring twee boere aangerand voordat een van hulle op boere geskiet het.

Hulle kom help

Adjt.off. David Nhlapo, hoofondersoekbeampte in die saak, het vir die hof gesê die gemeenskap was bekommerd oor Hlatswayo wat deur die boere aangehou is omdat drie mense na bewering in 2020 op Pampoenkraal erg aangerand is toe hulle haaks geraak het met boere en plaaswerkers. Daarom het hulle familie en vriende, onder wie die Coka-broers, laat kom. Hulle moes Hlatswayo help “red”.

Me. Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga, bevestig dat so ’n saak ondersoek is en dat die dossier op Maandag 19 April aan die direkteur vir openbare vervolging oorhandig is, wat moet besluit of daar genoeg bewyse is om te vervolg.

Volgens die nuusprogram Special Assignment is twee van die mans wat na bewering in 2020 aangerand is teen die oggend ná die voorval oorlede. Nyuswa het bevestig dat die twee se dood deel van die ondersoek was.

Nhlapo het gesê geen borgtog moet aan die boere en plaasvoorman toegestaan word nie, omdat dit selfs op nasionale vlak orde en vrede kan bedreig.

’n Skare betogers moes deur die verloop van die hofverrigtinge kort-kort met rubberkoëls en skokgranate uitmekaar gejaag word omdat hulle polisielede met klippe en bottels bestook het.

Die boere se regsverteenwoordiger was besig om Nhlapo te kruisondervra toe die verhoor tot Maandag uitgestel is.

Mpumalanga Landbou het dadelik sy teleurstelling met die herhaaldelike uitstel van uitspraak in die borgtogaansoek te kenne gegee. “Die onbeheerde oproer en onrus het klaarblyklik daartoe bygedra dat die borgtogaansoek uitgestel moes word,” het dié organisasie Woensdagmiddag in ‘n verklaring gesê.

Die landbou-organisasie het gesê die polisie moet toesien dat mense in aanhouding ’n billike en regverdige geleentheid kry om aansoek te doen om borgtog en moet die nodige voorsorgmaatreëls tref sodat daardie borgtogaansoek nie vertraag word nie.

“Daar rus ’n verantwoordelikheid op die regering, polisie, media, politieke partye, gemenskapsorganisasies, gemeenskappe en elke individu om vreedsame naasbestaan van alle groepe en landsburgers te bevorder en na te streef,” het die organisasie se dagbestuur gesê en gewaarsku dat die huidige kultuur om, met geïsoleerde voorvalle soos by Pampoenkraal, bepaalde groepe – sonder bevestiging van feite en sonder verhoor – doelbewus skuldig of onskuldig te verklaar bydra tot verhoogde spanning, verdeeldheid en wettelose gedrag.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.8%
Rand - Pond
20.08
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,782.71
+1.0%
Silwer
23.74
+2.4%
Palladium
2,088.00
+3.9%
Platinum
1,057.76
+1.9%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.1%
Alle aandele
66,912
+0.1%
Hulpbronne 10
64,002
+0.5%
Industriële 25
84,631
+0.2%
Finansiële 15
13,990
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees maats
Baie toegewyd. Mense mens. Lief vir natuur en avonture daarin. Lief vir motorfietsry en hengel. Lief vir diere. Gelowige wat lewendige verhouding het met Vader en Jesus en...
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot