
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê daar word vermoed dat hy vanoggend tussen 03:00 en 07:00 noodlottig gewond is. Sake van moord en roof word ondersoek.
Volgens Van Wyk is die polisie na die toneel nadat iemand uit die gemeenskap aangemeld het dat iemand beseer is. Met die polisie se aankoms op die toneel is Pistorius se lyk gevind. Dit was gedeeltelik deur ’n drom bedek. Hy is toe reeds deur mediese personeel dood verklaar.
Van Wyk sê ’n onbekende hoeveelheid kontant is uit Pistorius se lessenaar gesteel. Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
Landbou.com het betroubaar verneem dat Pistorius ’n blommeboer was wat sy eie geselskap verkies het en lief was vir vlieg.