AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Pioneer se boete R500 miljoen groter

Pioneer Foods is ‘n bykomende R500 miljoen-boete opgelê vir onmededingende bedrywighede binne die voedselbedryf.

Pioneer Foods is ‘n bykomende R500 miljoen-boete opgelê vir onmededingende bedrywighede binne die voedselbedryf.


Die maatskappy is reeds in Februarie vanjaar ‘n boete van R195,7 miljoen vir betrokkenheid by die broodkartel opgelê. Pioneer het besluit om sy appèl teen dié boete te laat vaar. Die jongste boete het betrekking tot mielie- en koringmeule, bakkerye, asook die eier- en pluimveebedrywe.


Dit is die grootste skikking in die geskiedenis van die Mededingingskommissie met ‘n maatskappy waar die verbruiker vir die eerste keer voordeel uit gaan trek.


Die skikking is nie net gebaseer op die onmededingende gedrag wat die maatskappy homself skuldig aan gemaak het in die betrokke markte nie, maar is ook ‘n oplossing vir al die huidige ondersoeke teen die maatskappy.


Die Mededingingskommissie en Pioneer Foods het die bepalinge van dié boete, asook ander ooreenkomste tussen hulle, Dinsdag (2 November) in Pretoria aangekondig.


As deel van dié ooreenkoms het die maatskappy ook sy volle samewerking aan die kommissie belowe wat betref verdere ondersoeke binne die bedryf in dié verband.


Mnr. Ebrahim Patel, Minister vir Ekonomiese Ontwikkeling, het in die Parlement gesê dat die skikkingsooreenkoms aan die Mededingingstribunaal vir oorweging ingedien is. Patel het die besonderhede van die ooreenkoms aan die  Nasionale Vergadering bekendgemaak.


Die ooreenkoms

Volgens die ooreenkoms moet ‘n adminstratiewe boete van R250 miljoen aan die kommissie betaal word, wat dit aan die Nasionale Inkomstefonds sal oorbetaal.


Die tweede deel van die R500 miljoen-boete is ‘n bedrag van R250 miljoen wat die maatskappy aan die kommissie moet betaal, wat dit weer aan die IDC sal oorbetaal. Die IDC sal dié geld aanwend om die Agro Processing Competitiveness Fund te stig. Dié fonds sal fokus op die bevordering van mededinging, werkskepping en groei binne voedselwaardekettings. Dit sal ook nuwe toetreders tot die mark bystaan.


Verder onderneem hy om netto verkoopsprys van sekere produkte met altesaam R160 miljoen te verlaag. Mnr. Shan Ramburuth, kommissaris van die kommissie, sê met die stap sal die geld indirek in verbruikers se sakke teruggeplaas word.


Die maatskappy moet ook sy kapitaalbesteding met R150 miljoen verhoog, bo en behalwe dié kapitaalspandering wat reeds goedgekeur is, wat die totale boete tot meer as ‘n miljard bring. Volgens die ooreenkoms gaan die maatskappy homself ook beywer vir die beperking van onmededingende praktyke en ‘n program vir die nakoming van vereistes rondom mededinging op die been bring.


Die Mededingingstribunaal sal na verwagting dié ooreenkoms binne die volgende paar weke goedkeur.


Patel het gesê in die nuwe ekonomiese groeiplan van die Regering word die landbouwaardeketting as ‘n sleuteldrywer tot werkskepping uitgelig. Mm die nodige werk te skep sal sekere beleide egter in die sektor reggeruk moet word, insluitend die vermindering van insetkoste en die uitwissing van kartelle en prysvasstelling wat nuwe toetreders tot die bedryf uit die mark hou.


Die Mededingingskommissie sal voortgaan om ander maatskappye te ondersoek wat by die Pioneer-ondersoek betrokke was. “Ons vra ander oortreders om Pioneer se voorbeeld te volg om vorentoe te kom en met die Mededingingskommisie te skik. Die gratis rit is oor wat sommige maatskappye vir dekades ten koste van verbruikers en werke gehad het.”


Ander ondersoeke in die voedselsektor waarmee die kommissie besig is sluit in onder meer supermarkte, pluimvee, vis, plantolie, storing en tinfoelie.


Afsluiting van ‘n hoofstuk

“Dié ooreenkoms bring ‘n ongelukkige hoofstuk in die andersins trotse geskiedenis van Pioneer Foods tot ‘n einde. Ons het ons verantwoordelikhede in die gesig gestaar en ons slaan nou ‘n bladsy om en uitsien na die toekoms,”sê mnr. Zitulele “K K” Combi, voorsitter van die maatskappy. 


Volgens Ramburuth verwelkom die kommissie die maatskappy se benadering tot die ooreenkoms en die feit dat hy hom tot ‘n meer mededingende ekonomiese klimaat verbind. “Dié ooreenkoms gaan verder as net ‘n boete, maar sluit prysaanpassings tot die voordeel van verbruikers en ‘n fonds om mededingendheid in die landbouverwerkingsbedryf te bevorder, in.”


Die bod vir KWV?

In antwoord op ‘n vraag van die media het Combi gesê dié boetes en bepalings sal nie ‘n invloed hê op Pioneer se aanbod om die drankmaatskappy KWV te koop nie. “Die ooreenkomste en ondernemings wat ons met die kommissie aangegaan het sal nie ons normale sake beïnvloed nie, terwyl ons normale sake ook nie ‘n ongunstige uitwerking sal hê op dit wat ons hier onderneem het nie.”


3 November 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot