AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Plaasaanvalle: Betogings wys mense gee vir boere om, sê Agri SA

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Die betogings oor plaasaanvalle wat gedurende die naweek in die Suid-Kaap en Pretoria gehou is, wys mense is besorg oor boere en hul veiligheid, sê mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee.

Esterhuyse sê die regering begin nou om tot gesprekke oor plaasaanvalle toe te tree. “Daar is tans ongelooflike druk op die regering. Ons is besig om ’n gesprek met mnr. Bheki Cele, minister van polisie, te reël. Ek glo dit sal binnekort realiseer.”

Hy sê Agri SA verwelkom dit dat die breë publiek betoog, optogte reël en gebedsgroepe vorm. “Ons weet dit is by gebedsgroepe waar ons antwoord gaan lê. Dit is waar die Hoër Hand in die harte van mense sal werk om die nodige veranderinge te bewerkstellig.”

Hy moedig lede van die georganiseerde landbou aan om aan dié optredes deel te neem aangesien dit tot voordeel van elke boer is. “Ek is dankbaar oor die mense wat simpatie met die boere het, en saam met ons bekommerd is.”

Mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, sê ’n mens kan eintlik weekliks oor plaasaanvalle betoog en dit is bemoedigend dat die publiek saamstaan daarteen. “Dit dien as bewusmaking, maar dit keer nie plaasaanvalle en -moorde nie. Wat werk, is as boere begin om self iets te doen om hul grond, gesinne en bure te beveilig.”

President se uitspraak

Mnr. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die feit dat pres. Cyril Ramaphosa eindelik verlede week gesê het hy is bekommerd oor alle moorde in die land, onder meer plaasmoorde, bewys dat die ANC nou en dan iets oor plaasmoorde sal sê, maar nooit iets doen nie.

“Ek meen daar is toenemende bewustheid in die buiteland oor plaasaanvalle en mense vra daarom al hoe meer vra. Die maklikste manier om dié mense stil te kry, is om net vinnig iets te sê.

“Ek het my bedenkinge of hy werklik iets sal doen. Ek dink nie die politieke wil om iets te doen bestaan binne die ANC en spesifiek by Ramaphosa nie. Ek betwyfel die opregtheid van wat hy sê. Ek dink nie hy gee werklik om nie.”

Hy sê die regering se gesindheid en optrede teen plaasaanvalle het oor die afgelope dekade versleg. “Vandat die regering die kommando’s afgeskaf het, was daar nog nooit regtig ’n plaasvervanger daarvoor nie. Daar was ’n tyd toe plaasaanvalle effens minder geword het, maar nou sien ons ’n jaarlikse toename in plaasaanvalle.”

Vervolging

Hy sê die onlangse vervolging van Julius Mapayi Goncalves en Jossias Nhalungo, twee plaasaanvallers, albei van Mosambiek, wat elk twee lewenslange vonnisse en 25 jaar opgelê is vir die moord op mnr. Fanie (78) en me. Colleen Engelbrecht (74), asook vir roof met verswarende omstandighede en die besit van onwettige vuurwapens, is ’n voorbeeld van hoe die regstelsel kan werk.

Die Engelbrecht-egpaar is op Moedersdag in 2018 wreed op hul plaas, Welgevonden, aan die Wes-Rand vermoor nadat hulle van die kerk af gekom het. Colleen is met ’n strykyster gebrand en met die koord verwurg en Fanie se keel is afgesny. Net ’n tabletrekenaar, selfoon, kontant en twee vuurwapens is gebuit.

“Die stelsel kan goed werk as jy goed opgeleide en professionele speurders en aanklaers het. As die nasionale vervolgingsgesag en die polisie die saak reg benader en saamwerk, kan die stelsel baie goed werk. Ongelukkig werk laasgenoemde instellings nie altyd goed saam nie en is daar ook ’n tekort aan kundigheid en die wil om geregtigheid te laat geskied.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
+0.9%
Rand - Euro
16.83
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.77
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
If I could turn BACK TIME 😉😋
Maak nie saak wat positief n mens probeer oor jouself hier uit beeld nie, mans het hulle eie mening en sienswyse 👌 Kom val in die deur in en kyk of julle van hou wat...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot