AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9438
0,00
CORN
27 Sep
-
4808
0,00
SOYA
27 Sep
-
9245
0,00
SUNS
27 Sep
-
9867
0,00
WEAT
27 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
27 Sep
-
4802
0,00
YMAZ
27 Sep
-
4710
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Plaasaanvalle in Vrystaat veroordeel

Alle landsburgers, ook boere, se veiligheid moet voorkeur geniet, sê Vrystaat Landbou ná die jongste plaasaanvalle hier.

Alle plaasaanvalle moet ten sterkste veroordeel word, en landelike veiligheid moet voorkeur geniet. Dit is die verantwoordelikheid van die Regering en die polisie om toe te sien dat alle landsburgers van Suid-Afrika veilig is en nie in vrees hoef te leef nie – en dit geld ook vir landbouers.

Dit is die reaksie van Vrystaat Landbou nadat ’n boer van Dewetsdorp, mnr. Andrew Lehlohonolo, en sy vrou, Loryn Monokara, Dinsdagoggend, 6 Mei, op hulle plaas Graigmont aangeval is. Dié voorval volg nadat een van Vrystaat Landbou se lede, mnr. Theo van Zyl, sy vrou, Gerda, en van sy werkers Vrydag, 2 Mei vanjaar, op hul plaas naby Ladybrand aangehou is.

Lehlohonolo is doodgeskiet tydens eergister se voorval, en Monokara is in die mond geskiet. Sy het glo gemaak of sy dood is tot die aanvallers gevlug het, waarna sy hulp ontbied het. Mnr. Bernard Maree, voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir wet en orde, sê alle geweld op plase moet ten sterkste veroordeel word. “Dit maak ons hartseer om te hoor dat enige boer sy lewe so verloor.”

Veiligheidstrukture
Maree sê volgens die organisasie se plaaslike veiligheidstruktuur, wat deur die Dewetsdorp-boerevereniging hanteer word, het hulle Lehlohonolo en ander nuwe toetreders tot die landbou genader om betrokke te raak by die organisasie se veiligheidstrukture. “Dié boere loop veral deur onder veediefstal, en hulle word steeds aangemoedig om aan te sluit.”

Die polisie en die boere in die omgewing het vinnig op Monokara se hulpkreet gereageer en was binne minute op die toneel. “Daar was goeie samewerking tussen die boere en die polisie, maar die twee aanvallers was reeds weg. Hulle het met ’n wit Nisssan-bakkie op die vlug geslaan.”

Tydens die voorval in die Ladybrand-distrik, is Van Zyl – wat ’n dag voor die aanval uit die hospitaal ontslaan is – sy vrou, Gerda, die sekretaresse en tuinwerker op die plaas vasgebind toe vyf vreemde gewapende mans daar opgedaag het en glo vee wou koop. Van Zyl se seun, ook Theo, sê die voorval het laatmiddag plaasgevind, en hulle is ongelooflik dankbaar dat geen lewensverlies voorgekom het nie. Die vyf verdagtes, wat in ’n wit Corsa-bakkie gevlug het, asook die twee verdagtes in Lehlohonolo se saak word steeds gesoek.

Gesloer met ondersoeke
Maree sê hulle is dankbaar vir die vinnig hulp en bystand wat die boere geniet wanneer voorvalle aangemeld word. “Ons wil die hoop uitspreek dat die ondersoeke op misdaadtonele ná voorvalle asook die totale ondersoeke na insidente ook so spoedig kan plaasvind. 'n Gesloer met opvolgbesoeke by misdaadtonele asook ondersoeke na sake is tans ’n bron van kommer.”

“Ons wil weer eens alle boere in die provinsie aanmoedig om by die georganiseerde landbou se strukture aan te sluit, sodat hulle ook by die veiligheidstrukture wat bestaan, kan inskakel,” aldus Maree. Kontak Maree by 082 800 4676.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.4%
Rand - Pond
19.38
-0.3%
Rand - Euro
17.35
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,631.89
+0.6%
Silwer
18.54
+1.0%
Palladium
2,053.00
+0.5%
Platinum
856.00
+0.4%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,290
0.0%
Alle aandele
63,626
0.0%
Hulpbronne 10
56,215
0.0%
Industriële 25
79,529
0.0%
Finansiële 15
13,982
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot