
’n Vrou wat in November 2011 ernstig beseer is tydens ’n plaasaanval naby Grabouw in die Wes-Kaap, is vroeër die maand aan haar beserings oorlede. Haar dood is die vierde plaasmoord wat in Januarie 2014 deur die TLU SA aangeteken is.
Mnr. Shirleen Booysen wat op 28 November 2011 op die plaas Blaawkrans aangeval is, was sedertdien in ’n koma. Landbou.com het vroeër berig dat vier mans in verband met die voorval aangekeer is. Sy was ’n administratiewe sekretaresse van die Drumearn-boerdery, en het onder meer breinbeserings opgedoen nadat sy drie keer geskiet is.
Sestien aanvalle
In die eerste 23 dae van Januarie vanjaar het die TLU SA altesaam 16 plaasaanvalle aangeteken. Die Wahlmanstal-gebied is veral geteiken, waar vyf voorvalle in vier dae aangeteken is, aldus AfriForum.
Geldenhuys sê hulle is bekommerd oor die stand van sake, veral omdat 17 aanvalle in totaal vir Januarie verlede jaar aangeteken is. Agt moorde is tydens dié aanvalle gepleeg.
Boere word aangemoedig om na hulle veiligheid om te sien en paraat te wees vir vreemde voertuie in hulle omgewing. “Ons wil boere ook aanmoedig om by inisiatiewe vir gemeenskapsveiligheid aan te sluit,” aldus Geldenhuys.