AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Plaasbesetting: Polisie tree nie op

Kommer bestaan oor die beweerde plaasbesetting verlede week naby Harrismith, want die polisie kon glo nog nie beslissend optree nie.

Kommer bestaan oor die beweerde plaasbesetting verlede week naby Harrismith, want die polisie kon glo nog nie beslissend optree nie.


Kol. Christopher Mophiring, woordvoerder vir die polisie, sê hulle het nog geen opdrag van die balju of ’n hof ontvang om ’n uitsettingsbevel op die individue te bedien nie.


“Ons ondersoek ’n saak van onwettige betreding, maar as ons die mense sonder ’n opdrag van die hof uitsit, tree ons onwettig op,” verduidelik Mophiring.


Luidens ’n berig in Volksblad (30 Junie 2011) het mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete die plaas beset omdat Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, gesê het hulle moet.


Die plaas het glo aan Khoete behoort voordat dit op ’n veiling deur die Land Bank verkoop is. Malema het op die jeugliga se jaarlikse kongres gesê grond moet sonder vergoeding onteien word.


Tydelike strukture

Mnr. Henk Vermeulen, die hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou (VL), sê omdat Sekonyela en Khoete tydelike skuilings, ’n sinkgebou en ’n woonwa, op die plaas opgerig het, kan hulle nie van die grond verwyder word sonder ’n uitsettingsbevel nie. Met dié strukture het plaasbesettings en Esta-wetgewing deel van die saak geword.


Hy sê hoewel mnr. Petrus Weyers, die eienaar van die plaas, nie ’n lid van die VL is nie, probeer hulle hom met raad en hulp bystaan en monitor hulle die situasie.


“Ons beoog om binne ons strukture vinnig aandag te gee aan besettings in die algemeen. In so ’n saak is dit belangrik dat vinnig opgetree moet word,” aldus Vermeulen.


Hy sê dit is baie moeilik vir mense wat nie deel van ’n georganiseerde landboustruktuur is nie, om so ’n saak aan te pak. “Ons verskaf aan ons lede die nodige inligting om seker te maak hulle tree binne die wet op, en ons kan ons leierskap gebruik om namens hulle ook te onderhandel.”


Zuma moet optree

Intussen eis mnr. Athol Trollip, die parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie (DA), in ’n verklaring dat pres. Jacob Zuma nie net bloot moet sê grondgryp is nie deel van die ANC se beleid nie.


“Hy moet toetree en, as ’n kwessie van dringendheid, al die radikale voorstelle van Malema verwerp. Hy moet presies aandui watter stappe sy administrasie gaan doen om die mislukkings van sy grondhervormings- en landelike ontwikkelingsbeleide tot dusver aan te pak.”


Trollip beoog om Zuma en mnr. Gugile Nkwinti, die Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, skriftelik te vra wanneer die Groenskrif afgehandel gaan word en om die President te versoek om in die openbaar ’n einde te maak aan gevaarlike bespiegeling oor grondgrype en dies meer.


Intussen het Agri SA gesê plaasbesettings gaan so gou as moontlik met die polisie bespreek word. Lees die storie hier.


Bron: Volksblad


4 Julie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.60
-2.2%
Rand - Pond
21.57
-3.8%
Rand - Euro
18.46
-3.0%
Rand - Aus dollar
11.99
-2.5%
Rand - Jen
0.13
-3.8%
Goud
1,796.99
+1.6%
Silwer
22.44
+1.1%
Palladium
1,894.00
+0.3%
Platinum
1,045.00
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot