AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Plaasdiere nie lus vir Mexiko wit mielies

? Skroef is mos los as die witmielie-situasie – à la George Orwell se Animal Farm – as volg opgesom word: “Alle WM1-mielies is ewe veel werd, party WM1-mielies is net meer ewe veel werd”?

Safex behoort die lewering van ingevoerde wit mielies dadelik te stop of ook ‘n parallelle ingevoerde witmielie-kontrak daarmee saam te lys. Almal, nie net die bevoorregtes nie, sal dan weet wat die werklike prys van ingevoerde wit mielies is, skryf 'n ontleder.

Kommoditeite soos mielies, goud, olie en beeskarkasse kan gewoonlik maklik gestandaardiseer word. Stoetbeeste sal moeilik gestandaardiseer word en kan daarom nie op termynmarkte verkoop word nie. Daar is sekere eienskappe aan elke Angus- of Bonsmarabul wat nie standaard is nie en wat ‘n koper self moet sien voordat hy sy tjekboek sal uithaal.

Standaardisasie is een van die grondbeginsels van ‘n termynmark. Die koper koop ‘n produk ongesiens, want hy is seker oor dit wat hy uiteindelik sal ontvang, want die produk se eienskappe word in ‘n vooraf opgestelde (termyn)kontrak gespesifiseer en gestandaardiseer.

Die meerderheid produkte wat op Safex se landbou-markafdeling verhandel kan deur fisiese lewering afgesluit word. Behalwe waar ‘n kommoditeit aan ‘n indeks gekoppel is, is fisiese lewering noodsaaklik vir die werking van ‘n termynkontrak. Dit waarborg dat termynmarkpryse (oor tyd) altyd ‘n akkurate weerspieëling van fundamentele faktore, soos vraag en aanbod, is.

Geel mielies

Dit beteken dat ‘n boer (of wie ook al) nou bv. geel mielies d.m.v. ‘n termynkontrak op Safex vir lewering in Maart 2017 verkoop. Sodra Maart 2017 aanbreek, vra Safex hom vir ‘n silo-sertifikaat en betaal hom die prys waarteen hy dit verkoop het.

Aan die ander kant is bv. 'n veevoervervaardiger wat Safex vir die silo-sertifikaat betaal. Die silo-sertifikaat is die bewys dat die veevoervervaardiger die nuwe eienaar van die geel mielies is, hoewel die vervaardiger in geen stadium die geel mielies onder o? gehad nie.

Dink net hoe onaangenaam verras die veevoervervaardiger gaan wees as hy sy geel mielies by die silo gaan haal en die silo-eienaar laai sorghum op die vragmotor, want die spesifikasies vir geel mielies is sodanig dat dit ook sorghum kan insluit.

Spesifikasies

Dit is omtrent wat in hierdie stadium met Safex se WMAZ-kontrak (witmieliekontrak) aan die gang is. Die spesifikasies van die WMAZ termynkontrak lui soos volg: “Maize” means white maize from any origin, of the grade “WM1” as defined in the South African Grading regulations, that meets all phyto-sanitary requirements and import regulations, but is not subject to the containment conditions for the importation of genetically modified organisms.”

Enige wit mielies, ook Mexikaanse wit mielies, maak nie saak wat die oorsprong is nie, kan dus op Safex verkoop en gelewer word, solank dit aan bogenoemde regulasies voldoen.

Probleem:

Op die oog af lyk dit nie asof daar enige probleme is nie, alles is WM1, maar meulenaars het ‘n uiters beperkte aptyt vir ingevoerde wit mielies. Hoewel dit volgens gradering WM1 mielies is, is dit in werklikheid ‘n ander produk as plaaslike wit mielies. (Nota: Meulenaars/witmieliekopers kan hieronder kommentaar lewer, verkieslik nie onder 'n skuilnaam nie).

Gevolg:

Die WMAZ-kontrak is prakties nie gestandaardiseer nie en kopers wil nie wit mielies d.m.v. lewering by Safex neem nie. Witmieliepryse op Safex is gevolglik ook nie meer ‘n werklike aanduiding van die plaaslike vraag- en aanbod-situasie nie. Dit is dalk ook die oorsprong van die hernieude aantygings van markmanipulasie. Hierdie situasie is baie nadelig vir almal in die plaaslike witmieliebedryf.

Oplossing:

Dit wil voorkom asof graderingsregulasies die grondliggende oorsaak van bg. situasie is. Die eienskappe van Suid-Afrikaanse witmielies, maak nie saak van waar nie, is oor die algemeen dieselfde en huidige graderingsre?ls is ‘n goeie aanduiding van persentasie stresfrakture, hardheid, ens. Dit lyk nie asof dit so is in die geval van ingevoerde wit mielies nie.

Die wit mielies wat tans ingevoer word is die eerste wesentlike wit-invoerprogram in ‘n baie lang tyd.  As die invoer van wit mielies meer gereeld gaan plaasvind, gaan ‘n totale hersiening van hoe wit mielies gegradeer word noodsaaklik wees, met die Safex WMAZ-kontrak dienooreenkomstig aangepas.

Oor die korttermyn behoort Safex die lewering van ingevoerde wit mielies dadelik te stop. Of nog beter, lys daarmee saam ook ‘n parallelle ingevoerde witmielie-kontrak. Almal, nie net meer ‘n paar bevoorregtes nie, sal dan weet wat die werklike prys van ingevoerde wit mielies is.

Animal Farm

Intussen lyk dit asof die witmielie-situasie tans (met erkenning aan George Orwell van Animal Farm-faam) as volg opgesom kan word: “Alle WM1-mielies is ewe veel werd, party WM1-mielies is net meer ewe veel werd”.

* Johann Strauss is ‘n navorser by BVG Securities.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
+0.1%
Rand - Pond
19.25
+0.4%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,629.96
+0.5%
Silwer
18.39
+0.2%
Palladium
2,099.00
+2.7%
Platinum
852.50
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maatjie
Ek is afgetree in Kleinmond en soek iemand om dinge mee te deel. Ek speel tennis en gholf en hou van langs die see stap en waardeer die eenvoudige klein dingetjies wat saak maak
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot