
Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die span beslag gelê op myntoerusting. Daar is bevind dat al die verdagtes, wat tussen die ouderdom van 18 en 35 is, oorspronklik van Lesotho af kom en dat die meeste van hulle onwettig in die land is.
Drie ongelisensieerde vuurwapens en 570 patrone is gekonfiskeer. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit vir ander misdade gebruik is.
Die eienaar van die plaas is ook in hegtenis geneem nadat onwettige ammunisie en toerusting vir die myn van goud in sy besit gevind is.
Al die verdagtes verskyn binnekort in die Heidelberg-landdroshof op aanklagte van onwettige mynwerk, die oortreding van immigrasiewetgewing, mensehandel, die besit van plofstof en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.