AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Plaaslone vasgepen

'n Nuwe bedeling vir plaaswerkers met 'n minimum loon en 'n reeks diensvoorwaardes is gister aangekondig. Dit kom te midde van die druk op die landbou van 'n dreigende El Niño-droogte in die binneland, hoë voedselpryse en 'n behoefte aan werk. Mnr. Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, het die sektorale vasstelling van diensvoorwaardes vir plaaswerkers op Elsenburg buite Stellenbosch aangekondig.

'n Nuwe bedeling vir

plaaswerkers met 'n minimum loon en 'n reeks diensvoorwaardes is gister

aangekondig. Dit kom te midde van die druk op die landbou van 'n dreigende El

Niño-droogte in die binneland, hoë voedselpryse en 'n behoefte aan werk.

Mnr. Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, het die sektorale vasstelling

van diensvoorwaardes vir plaaswerkers op Elsenburg buite Stellenbosch

aangekondig.

Dit maak voorsiening vir 'n minimum loon van R650 of R800 per maand,

afhangend van die streek waarin 'n plaas geleë is. Dit sal op 1 Maart volgende

jaar in werking tree.

In die A-gebiede, die dele rondom stede en waar inkomste hoër is, is die loon

R800 per maand (R4,10 per uur) en in die armer landelike B-gebiede R650 per

maand (R3,33 per uur).

AgriSA het die aankondiging as "onwelkome nuus" bestempel, hoewel Mdladlana

al drie jaar gelede aangekondig het dat 'n minimum loon in die landbou beslis

ingestel sal word.

Mnr. Teddy Matsetela van die National African Farmers' Union het die

aankondiging as " 'n billike beginpunt" bestempel, hoewel hy meen dat die

verskaffing van klere, medisyne en ander dienste benewens huisvesting en voedsel

ook in ag geneem moet word.

Mnr. Japie Grobler, president van AgriSa, het gesê arbeid is die

landbousektor se grootste koste-item, en die sektor se totale loonrekening staan

reeds op bykans R9 miljard. "Terwyl die behoud en uitbreiding van

werkgeleenthede voorkeur geniet, veral in landelike gebiede waar werkloosheid

kommerwekkende afmetings aanneem, sal die vasstelling ongelukkig teenproduktief

wees," het Grobler gesê.

Aan die ander kant pas dié aankondiging, sowat twee weke voor die nasionale

konferensie van die ANC op Stellenbosch, Mdladlana waarskynlik. Hy werk reeds

vier jaar aan wat hy noem 'n "ingewikkelde en sensitiewe saak". Minimum lone vir

kwesbare groepe is 'n ANC-verkiesingsbelofte.

Hy het gister beklemtoon dat dit nie sy taak is om lone vas te stel nie. Dit

moet deur onderhandelings vasgestel word. Hy het erken dat dié vereistes

indiensneming op plase negatief kan raak. Werkverliese behoort volgens hom nie

voor te kom nie, omdat voorsiening vir 'n uurloon (vir werk van minder as 27 uur

per week) gemaak is en die minimum lone nie te hoog is nie. Vakbonde het

byvoorbeeld R1 200 per maand geëis.

Mdladlana het gesê ondersoeke het getoon baie boere betaal hul werkers goed

en bied byvoordele waarop hulle trots kan wees. Sommige vrot appels maak

beskerming en die afdwing van minimum lone egter noodsaaklik. Só is daar boere

in Transkei wat hul werkers met 'n kalf of suur melk vergoed. Daar is bevind dat

plaaswerkers die laagste geletterdheidskoers in die land het, die gemiddelde

loon landwyd verlede jaar R544 per maand was, dat meer as die helfte van

plaaswerkers sonder bykomende vergoeding langer as die wetlike perk werk en dat

vroue op plase slegter daaraan toe is as mans. Mdladlana het gesê minimum lone

sal nie armoede uitskakel nie, maar stel 'n perk waarvandaan onderhandel kan

word. Lone wat reeds hoër is, mag nie verlaag word nie.

Die sektorale vasstelling bepaal dat 10% van 'n werker se loon vir

voedselvoorsiening en huisvesting (as dit aan sekere standaarde soos 'n grootte

van 30 m2 en lopende water en elektrisiteit voldoen) afgetrek

kan word.

Geen geld mag van die vergoeding van kinders van 15 tot 18 jaar oud afgetrek

word nie.

Ander voorwaardes waaronder kinders van 15 en 18 jaar oud in diens geneem kan

word (dit is onwettig dat kinders onder 18 werk), word ook gestel.

Verhogings van 9% vir A-gebiede en 10% vir B-gebiede moet van 2004 jaarliks

in Maart toegestaan word. Die vasstelling lê ook reëls neer ten opsigte van

werktyd, oortydbetaling, Sondag- en nagwerk, etenstye, rustye, openbare

vakansiedae, kraam-, siekte- en jaarlikse verlof en inligtingverskaffing.

3 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot