
Twee mans is tronkstraf opgelê vir die moord op ’n boer van Ixopo in KwaZulu-Natal, maar die nasleep van dié moord is dat sowat 30 permanente en 40 tydelike werkers hul werk kwyt is.
Luidens ’n berig op News24 is Nkosinathi Mngadi (29) and Sifiso Ngubane (23) in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind op die moord van mnr. Peter Hackland en die aanranding van sy dogter, me. Louise Hartwig en die sekretaresse, me. Margaret Fennel, op 13 Junie 2013.
Regter Portia Poyo-Dlwati het Hartwig geprys omdat sy verskeie kere geprobeer het om haar pa se lewe te red.
* Die vermoorde Hackland se vrou het die plaas en haar onderwyserspos in Ixopo na die gebeure verlaat en na Pietermaritzburg verhuis. Daarna het sowat 30 permanente werkers en 40 seisoenswerkers hul werk op die plaas verloor.
Bron: News24