
Agt verdagtes, wat vermoedelik verantwoordelik was vir die plaasmoorde van mnr. Piet en mev. Tilla van Zyl van Mokopane, is vandag (3 September 2017) by Hazyview in hegtenis geneem.
Die Van Zyls, wat bekend was vir hulle renosterboerdery op hul plaas in die Immerpan-omgewing, is op 20 Augustus in hulle huis oorval en met 'n 9mm pistool doodgeskiet. Hulle lyk is deur 'n familielied in hulle slaapkamer gevind. Die polisie was sedertdien op verdagtes se spoor.
Mnr. Marius Müller, AfriForum se nasionale veiligheidskoördineerder, het op Twitter bevestig dat agt verdagtes in hegtenis geneem is.
* Dié is 'n ontwikkelende storie. Hou Landbou.com dop vir verdere inligting.
- Addisionele bron: Hazyview Herald