
Die SA Menseregtekommissie (SAMRK) hou Maandag en Dinsdag (15, 16 September) ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg.
Dié verhoor volg nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land.
Volgens 'n nuusverklaring van AfriForum het al 91 plaasaanvalle en 42 plaasmoorde in Suid-Afrika sedert Januarie 2014 plaagevind.
AfriForum gaan Dinsdag voorleggings oor die noodsaak van die prioritisering van plaasmoorde maak.
Verskeie ander rolspelers, insluitend slagoffers van plaasaanvalle, sal voorleggings aan die kommissie maak.
Alle belangstellendes kan die verhoor bywoon by die SAMRK se hoofkantoor, 33 Hoofdstraat, Braampark Forum 3, Braamfontein.