Die besluitnemers in die SA Polisiediens is na ‘n vergadering oor oor plaasmoorde en landelike veiligheid genooi wat die TLU SA op 13 Maart in Pretoria hou.
Luidens ‘n nuusverklaring sê die TLU SA plaasmoorde toon in die eerste twee maande vanjaar ’n geweldige toename. As gevolg daarvan het die unie in Februarie gevra vir ’n dringende vergadering met die Kommissaris van Polisie daaroor. Geen reaksie is nog ontvang nie.
Die organisasie her derhalwe besluit om dié vergadering te hou en uitnodigings aan die Minister van Polisie, asook die Kommissaris van die SA Polisiediens, of hulle senior gedelegeerdes gerig. Die vesoek is dat hulle die vergadering oor plaasmoorde en landelike veiligheid bywoon en dan antwoorde verskaf oor wat hulle beoog. Deelnemers aan die vergadering sal ook hul voorstelle eerstehands aan die polisie kan oordra.
Verskeie ander organisasies en rolspelers wat met die landbou en die platteland gemoeid is, is ook genooi om die vergadering by te woon.
Die vergadering is Dinsdag 13 Maart om 10:00 uur by TLU SA se konferensiesaal, James Rylaan 194, Silverton, Pretoria.
8 Maart 2012