
Die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie se Forum vir Minderheidsaangeleenthede hou vandeesweek sy tweedaagse jaarlikse bespreking oor minderheidsake, en die tema handel oor minderhede in situasies van humanitêre krisis.
Die TLU SA sê in 'n nuusverklaring dat mnr. Henk van de Graaf, die voormalige assistent-hoofbestuurder van die TLU SA, en tans ondervoorsitter van die Waterberg DLU, weer dié organisasie se voorlegging doen.
Dit sal handel onder meer oor die voortdurende probleem van plaasaanvalle, die SA Regering se hantering van die droogte, grondhervorming, swart ekonomiese bemagtiging, waterbesoedeling en vernietiging van onderwysgeleenthede as bedreiging vir minderhede in besonder, maar vir die land in die algemeen.