
Dié ontleding van grondverkope in Suid-Afrika is van transaksies vir grond wat groter is as 20 ha in Noordwes, KwaZulu-Natal en Limpopo vanaf Augustus verlede jaar tot Julie vanjaar. In net ’n paar distrikte het pryse gedaal.
Neigings in KwaZulu-Natal is oorwegend gesond met 319 transaksies waarin 90 397 ha teen R2,198 miljard verhandel is. Uit die verkope was 31,3% transaksies van kleur (hoofsaaklik swart mense wat grond gekoop het.). Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue, regeringsaankope van landbougrond asook grond verkry vir munisipale gebiede. Dit het 36 873 ha (40,8%) teen R925 miljoen behels. Die meeste transaksies (35%) was vir grond kleiner as 50 ha.
In Port Shepstone is 25 transaksies beklink wat 3 966 ha beslaan. Die gemiddelde prys vir die 12 maande was R195 561 per hektaar, 'n gemiddelde opwaartse styging van 17%.
Sowat 540 ooreenkomste is in 15 distrikte in Limpopo gesluit. Dit het 206 190 ha teen R2,8 miljard behels. Daarvan was 86 transaksies van kleur. Sowat ’n derde van al die transaksies (34%) was vir grond kleiner as 50 ha en 35% was vir grond groter as 300 ha.
In Noordwes was daar 611 transaksies in 12 distrikte wat 232 446 ha behels. Die waarde van die transaksies was R5,401 miljard. Daarvan was 17% ooreenkomste van kleur, wat 26,5% van die hektare teen R663 miljoen – 12,3% van die waarde – behels het
Altesame 187 van die transaksies vir grond kleiner as 50 ha was hoofsaaklik by Coligny en Marikana.
Lees die verskillende afdelings van die ontledings van Plaasverkope op Landbou.com hier:
* Statistiek oor die verhandeling van landbougrond per distrik binne 'n provinsie vir die afgelope 12 maande.
* Opsomming: Meer besonderhede oor plaasverkope binne 'n distrik vir die afgelope 12 maande.
* Verspreiding bevat besonderhede oor die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik van Suid-Afrika.
* Johann Bornman is 'n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.