’n Plaaswerker van Dewetsdorp veg om sy lewe en het albei sy hande verloor nadat hy geskok is toe hy ’n sekering aan ’n paal wou regmaak, aldus 'n berig in Volksblad.
’n Sekering is ’n toestel wat die transformeerder aan die paal beskerm en verhinder dat die weerlig dit beskadig en elektrisiteit dan na die grond herlei word.
Die 52-jarige plaaswerker, wat net bekend staan as Johannes, is in ’n kritieke toestand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.
Hy werk op Cyferfontein, mnr. J.C. Kingley se plaas, en wou die elektrisiteitstoevoer na die plaas herstel nadat weerlig dit uitgeslaan het.
Die skok was glo so erg dat die man van die leer waarop hy gestaan het, geslinger is. Omstanders het hom glo gewaarsku om nie op te klim nie.
Bron: Volksblad
22 Maart 2011