AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Plaaswerkers wil self onderhandel

Plaaswerkers van Wellington en Paarl het hul eie forum gestig om hul griewe en behoeftes in een stem te verenig.

Me. Magrieta Futhwa, ’n plaaswerker van Wellington en die voorsitter van die forum, meen plaaswerkers se stem is nog nooit gehoor in die voortslepende staking in die Wes-Kaap nie. “Ons het nie vir Tony (Ehrenreich) of Nosey (Pieterse) ’n mandaat gegee om namens ons te praat nie. Ons kan en wil vir onsself praat en ons wil dit sonder geweld, skade en moord doen,” sê sy.

Hordes plaaswerkers het in werkoorpakke die sportstadion van die Kaapse Skiereiland se Universiteit van Tegnologie volgepak om die geleentheid by te woon. Mnr. Dawid Pieterse, ’n plaaswerker van Leeurivier in Wellington, het ook die skare toegespreek. “As God met ons is, wie kan teen ons wees?” het hy gesê. Dit is met ’n gejuig van die skare beantwoord.

Volgens Futhwa het dit geen sin om blindelings vir ’n bedrag geld te baklei nie. “Ons is ook nie tevrede met R70 per dag nie, maar daar is ’n beter manier as afbrand en geweld om by ’n oplossing uit te kom. Ons gaan almal sonder werk sit as ons nie by ’n volhoubare, langtermynoplossing uitkom wat vir ons én die boere vooruitgang verseker nie. Die een se brood kan nie die ander se dood beteken nie.”

Mnr. Jakob Gysman, ’n plaaswerker van Wellington, sê hy is tevrede waar hy werk. “Ek is bekommerd oor al die eise. Dit help nie ons baklei vir meer geld, maar verloor die vervoer en ander voordele wat ons tans kry nie. Ek lewe goed waar ek nou is.”

Futhwa stem saam met hom. “Dit help nie ons kry R150 per dag nie, maar ons maatskaplike omstandighede raak al hoe swakker. Die behuising wat ons kry, voordele soos vervoer, elektrisiteit, subsidies vir mediese sorg en bonusse help baie om ons lewenstandaard beter te maak. Dit sal ’n ramp wees as al daardie dinge verdwyn.”

Forum in positiewe lig gesien
Mnr. Jan Louw, ’n boer van Wellington en die voorsitter van die Wellington-boerevereniging, is optimisties oor hierdie forum. “Dit is ’n bewys dat dit nie ons plaasmense is wat hierdie stakings aanvuur nie en dat hulle moeg is daarvoor om geïntimideer en geviktimiseer te word.” Hy meen ook dit is ’n stap in die regte rigting om onderhandelinge aan die gang te sit. “Ons kan eerder met ons eie mense op plaasvlak onderhandel en hierdie forum laat dit toe. Hulle motiewe is suiwer en dit gaan vir hulle oor ’n leefwyse, nie oor ledegetalle of ander duistere dinge nie.”

Volgens Futhwa het die forum het verlede Vrydag tot stand gekom nadat ’n groep werkers van die omgewing, met ondersteuning van boere, bymekaargekom het en besluit het om iets te doen aan die feit dat hulle toekoms bedreig word deur ’n beweging waarvan hulle nie deel is nie. “Ons is nog ’n jong organisasie en maak staat op skenkings en vrywilligers vir ons sukses. Ons gaan weer Donderdag vergader om die terugvoer van die plaaswerkergemeenskap te dokumenteer en dan sal ons met die proses van onderhandeling op plase begin.”

Plaaswerkers het teen 13:30 die stadion verlaat op vragmotors van hul werkgewers om terug te gaan werk toe. Die byeenkoms het sonder voorval afgeloop, maar volgens Futhwa was daar wel enkele werkers wat ontevrede was dat die boere en plaaseienaars nie self die skare kom toespreek het nie.

Vir nog inligting, bel Magrieta Futhwa by 078 624 5989 of stuur e-pos aan me. Rita Andreas, die forum se tydelike sekretaris, by rita@vinegro.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.7%
Rand - Pond
19.08
+1.6%
Rand - Euro
17.41
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.74
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,637.33
-0.4%
Silwer
18.55
-1.7%
Palladium
2,087.66
+0.7%
Platinum
859.50
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot