AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Plaaswerkerstaking vir eers afgelas

Ná ’n gesprek tussen rolspelers in die landbou en plaaswerker-verteenwoordigers is die staking eers afgelas.

Plaaswerkers wat Dinsdag (4 Desember 2012) aan stakings in die Wes-Kaap deelgeneem het, is aangemoedig om terug te keer werk toe. Mnr. Tony Ehrenreich, streeksekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, het ’n skare van sowat 1 500 mense Dinsdagmiddag op die sportterrein op De Doorns toegespreek en gesê verdere stakings is vir eers tot 9 Januarie 2013 uitgestel.
 
Mnr. Wouter Kriel, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van landbou, sê onrus kom Woensdag (5 Desember 2012) egter steeds in Franschoek en op Wolseley voor. Mense word glo geïntimideer om te gaan werk, maar die Polisie tree streng op. Volgens kol. André Traut, polisiewoordvoerder, is verskeie mense Dinsdag en Woensdag in hegtenis geneem. “Maar alles is vandag (Woensdag) rustig en onder beheer.”
 
Besluit
Die besluit om die staking af te las het gevolg ná gesprekke tussen die georganiseerde landbou, me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en plaaswerker-verteenwoordigers. Volgens ’n verklaring wat Cosatu uitgereik het, is ooreengekom dat onderhandelinge oor lone nou op plaasvlak sal plaasvind. Dit sal fokus op ’n minimum loon van R150 per dag.
 
Verder sê die vakbond dat ’n winsdelingskema ook onderhandel sal word. Meer duidelikheid oor al die besluite sal Woensdag, 5 Desember 2012, op ’n perskonferensie gegee word.
 
Na plase
“Gaan en gaan werk nou, maak julle sakke vol en berei julle voor vir die stryd van 9 Januarie. Ons sal wag tot Januarie wanneer ons op ons sterkste is. Dan sal ons hulle die hardste kan slaan,” het Ehrenreich aan betogers gesê.
 
Volgens Ehrenreich wil hulle volgende week na plase begin uitgaan om lede te werf en met boere te onderhandel oor watter deel van hul winste met werkers gedeel moet word. Hy het gekla dat boere ‘‘elke jaar ’n nuwe Mercedes ry en lekker op vakansie gaan,’’ terwyl werkers sukkel.
 
Ehrenreich het elke huishouding wat gestaak het, ook beloof dat hulle voor einde vanjaar ’n kospakkie van R500 sal ontvang.
 
Krities
Die tweede week van Januarie is ’n kritieke oestyd vir boere. Mnr. Michael Loubscher, voorsitter van die De Doorns-tafeldruifvereniging, vra wie die verlies gaan help dra wanneer dit gebeur. Hy sê die boere sal na die situasie in Januarie kyk, maar dat Cosatu net ’n klein minderheid van werkers verteenwoordig en dat elke werker self kan besluit of hy aan ’n vakbond wil behoort.
 
Op sy beurt het mnr. Pat Marran, ANC-raadslid in De Doorns, gesê: ‘‘Ons het hulle vir nou laat wen, maar dis nie vir lank nie. Wie die laaste lag, lag die lekkerste. Ons gaan staak wanneer ons hulle die seerste kan maak, in die tweede week van Januarie; 9 Januarie is D-dag. Ons gaan hulle kry dat hulle R150 en selfs R200 ’n dag betaal.”
 
Twee tydelike werkers van die Stofland informele nedersetting het aan Landbouweekblad gesê dat hulle sal bly staak. Mnr. Andile Maniso, sê: ‘‘Ja, ek gaan staak in Januarie as ek nie R150 kry nie.’’ Hy sê hy weet nie hoe lank hy met R150 gelukkig gaan wees nie, en dat hulle waarskynlik weer gaan moet staak om by R200 uit te kom.
 
Intussen sê me. Nelie Barends: “Ons gaan staak sonder ophou indien ons nie ’n bevredigende loon kry nie. Ons gaan in ons duisende staak. Ons gaan almal deel van ’n vakbond wees en hy gaan ons beskerm.”

Kyk hier na 'n video waar Ehrenreich plaaswerkers belowe dat hulle sal veg vir 'n salaris van R150 per dag en 'n deel van boere se wins.
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.06
+0.2%
Rand - Euro
17.66
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,695.08
-1.0%
Silwer
20.08
-2.8%
Palladium
2,184.23
-3.4%
Platinum
915.84
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot