AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Plafon op grondbesit ‘prakties onmoontlik’

Plafonne op grondbesit is onwerkbaar, sê prof. Nick Vink.

Onwerkbaar. Dít is die reaksie op mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, se plan om grondplafonne vir boere in te stel.

“Dit is prakties onmoontlik om sulke plafonne in te stel in ’n landbousektor met groot verskille in mikroklimate en waar meer as 90% van produsente daarom gemengde boerderye het – behalwe as die plafonne só hoog is dat hulle nie bindend is nie,” sê prof. Nick Vink, voorsitter van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch.

Perke vir grondbesit is reeds in die Groenskrif voorgestel. Volgens mnr. Japie Grobler, voorsitter van die eenheidsforum in landbou, Asuf, was daar ná byna twee jaar van raadpleging en onderhandelinge binne die nasionale verwysingsgroep vir die grondhervormingsproses geen steun vir die beginsel nie.

Tog lyk dit asof Nkwinti se hoofdoel met die pas afgelope beraad oor verblyfsekerheid was om goedkeuring daarvoor te kry.

Mnr. Andrew Makenete, landbou-ekonoom, sê grondplafonne sal uiters deeglik ondersoek moet word. “Die voor- en nadele is nie so voor die hand liggend nie. Die administratiewe koste van so-iets is redelik belemmerend. ’n Mens moet dié koste opweeg teen die moontlike voordele wat dit kan inhou.”

Makenete en sy mede-landbou-ekonoom prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die PUK-kampus van die Noordwes-Universiteit, het in 2012 in opdrag van Nkwinti 'n studie oor grondplafonne gedoen.

Agri SA het nog deurgaans gesê grondplafonne is onwerkbaar, sê mnr. Johannes Möller, voorsitter.

In die Groenskrif-proses is telkens daarop gewys dat dit sal baie duur en moeilik sal wees om te administreer, en dat verskillende soorte boerderye heeltemal verskillende behoeftes rakende grondgrootte het.

“Dit is tyd dat die Regering ophou om duur, onwerkbare planne uit te dink en miljoene te bestee op berade waar geen ware raadpleging plaasvind nie,” het Möller gesê. (Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het sowat 2 500 mense na dié beraad in Boksburg genooi.)

“Die minister moet besef dat aspekte, soos grondplafonne, kwalik deur enige ekonomiese berekeninge ondersteun kan word.”

Werkbare modelle vir grondhervorming sal by Agri SA se kongres in Oktober voorgelê word.

Beraad se besluit:

* Die hoeveelheid landbougrond wat ’n mens mag besit, moet beperk word. Die voorstel is dat dit 4 000 ha vir kleinskaalse boere moet wees, tussen 4 000 ha en 8 000 ha vir mediumgrootte boere, en tussen 8 000 ha en 12 000 ha vir groot boere.

* Boere sal verplig wees om grond óór die perk aan die staat te verkoop.

* Die staat wil hierdie grond herverdeel en aan plaaswerkers voorrang gee.

* Plaaswerkers sal vyf jaar staatsteun kry. Indien hulle presteer, sal hulle die grond kan koop of ’n langtermynhuurkontrak van minstens 30 jaar kan sluit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-0.2%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,720.54
-0.3%
Silwer
20.83
-1.1%
Palladium
2,304.01
-0.8%
Platinum
926.00
-0.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot