AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Plan met brande op staatsgrond

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vrystaat Landbou
Foto: Vrystaat Landbou
Staatsinstellings wat grond besit, sal ingevolge die wysigingswetsontwerp op nasionale veld- en bosbrande van 2021 verplig word om by brandbeskermingsverenigings aan te sluit in die gebied waar die grond geleë is.

Die wysigingswetsontwerp wat by die parlement ingedien is, wil sien dat wetgewende beleidsvakuums uit die weg geruim wat volhoubare bosbestuur verhinder en voedselsekerheid bedreig. Veld- en bosbrande dra by tot maatskaplike, omgewings- en ekonomiese agteruitgang.

Dit ondermyn en bedreig ook die staat se agenda vir voedselsekerheid, veroorsaak werksverliese en die verplasing van mense, en habitatte en biodiversiteit gaan verlore.

Die Wet op Nasionale Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998) verplig produsente of grondeienaars om veldbrande te voorkom en te bestry. Artikel 4 van die wet word gewysig sodat die eienaar in die geval van staatsgrond, ’n staatsonderneming, ’n openbare instelling en/of staatsorgaan ook hieraan moet voldoen. Hulle sal binne ’n jaar ná die bekragtiging van die wysigingswetsontwerp van 2021 by ’n geregistreerde brandbeskermingsvereniging moet aansluit.

Die wetgewing gee aan wetstoepassers en tradisionele leiers die reg om die wet af te dwing.

Staatsgrond

Me. Andrea Campher, Agri SA se hoof van rampbestuur, sê Agri SA verwelkom die wetsontwerp. Die veldbrande wat sedert Mei in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap voorgekom het, het meer as 1,6 miljoen ha verwoes. “Wat die brande so verwoestend gemaak het, is die goeie reën wat ons vroeër vanjaar gehad het. Dit het ideale veldtoestande meegebring.”

Sy sê verskeie brande het op kommunale of staatsgrond ontstaan en teen die tyd dat dit kommersiële landbougrond bereik, was dit gewoonlik buite beheer. Die wetsontwerp beoog om beter administrasie en beheer toe te pas in ooreenstemming met omgewingswetgewing en die regte vervat in die Grondwet. Die wetsontwerp verminder die risiko op ’n brandramp deur toe te sien dat alle grond (buite stede) onder die beheer van ’n brandbeskermingsvereniging val. Tradisionele leiers word ook versoek om die nodige beheer toe te pas.

Verantwoordelikheid

Campher sê kwessies waaroor daar nie duidelikheid is nie, is watter afdwinging daar sal wees en wat sal die gevolg wees indien munisipaliteite of staatsinstellings nie aan die wet gehoor gee nie.

“Ons het gesien met die onlangse brande, wat miljarde rande se verliese tot gevolg gehad het, dat die staat nie in die posisie is om die landbousektor by te staan met ramphulp nie vanweë begrotingsredes wat insluit die covid-19-pandemie en burgerlike onluste.

“Indien daar brande dan ontstaan op kommunale of staatsgrond en die betrokke instellings het nie by ’n geregistreerde brandbestrydingsvereniging aangesluit nie en daar is skade wat daaruit vloei, wie sal verantwoordelik wees daarvoor?”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot