AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Planne beraam om waterkrisis te verlig

Die Departement van Water en Sanitasie het ’n waterindaba op Rawsonville aangebied, met die oogmerk om ’n ingrypingsplan vir die waterkrisis in die Wes-Kaap te ontwikkel.

Hoewel seisoenale voorspellings voorstel dat die Wes-Kaap die komende winter beter reënval sal ervaar, word dié voorspellings egter versigtig benader.

Weerkundiges kan tans nie klinkklare weervoorspellings vir die provinsie verkry met die modelle wat hulle gebruik om voorspellings te maak nie. Damvlakke in die provinsie het reeds 21,2% bereik en vlak vier-waterbeperkings gaan binnekort ingestel word.

Dit beteken dat water net vir drink-, kosmaak- en wasdoeleindes gebruik sal moet word. Waterbeperkings van 30% is sedert 1 Maart 2017 op die landbousektor ingestel.

’n Waterindaba is vandeesweek wat in Rawsonville gehou om volhoubare oplossings vir die provinsie se waterprobleme te soek.

Onsekerheid

Dr. Joel Botai van die Suid-Afrikaanse Weerdiens het tydens die waterindaba gesê daar is ’n aanduiding dat sommige dele van die reënvalstreek in die provinsie dalk die nodige bo-normale reënval gedurende die vroeë winter, wat van Mei tot Junie strek, sal kry.

“Maar daar word steeds groot onsekerheid en min vertroue met hierdie uitkyk geassosieer, siende dat die vaardigheidsvlakke vir die winterreënvalvoorspelling regoor die land baie laag is.” Bestaande weervoorspellingstelsels toon ook strydighede rakende temperatuur.

Die landbou is van groot belang vir die Wes-Kaapse ekonomie. Verlede winter is 20 000 ton koring weens die droogte verloor en daar word gevrees dat tot 2 000 seisoenale werksgeleenthede in gedrang kan wees.

Botai het uitgewys dat dit verwag word dat die provinsie baie droër teen die 2030’s en 2040’s sal word.

Mnr. Darryl Jacobs, direkteur-generaal vir landbou in die provinsie, het gesê die waterkrisis het ’n groot impak op die landbou.

Hy reken dat bewaringslandbou en slim landboupraktyke boere deur die krisis sal help. Die provinsiale departement van landbou het meer as R80 miljoen se droogtegeld verseker. “Ons het egter aktiewe en betekenisvolle vennootskappe nodig om die maatskaplike en ekonomiese impak van die krisis af te weer.”

Boorgate

Die regering het verlede jaar aangekondig dat hy sy watermengsel met grondwater uitbrei. Om dit te vermag is meer as 7 487 boorgate regoor die land in werking gestel.

Maar weens die heersende droogtetoestande blyk hierdie opsie nie volhoubaar in die Wes-Kaap te wees nie. Grondwatervlakke in die provinsie het die afgelope twee jaar ’n afname getoon. Die skerpste dalings is onder meer in Beaufort-Wes, Kaapstad, die Kaapse Wynlande, die Boland en die Weskus aangeteken.

Me. Nomvula Mokonyane, Minister vir Water en Sanitasie, het by die indaba gesê weens die dalende grondwatervlakke sal beperkinge ook oorweeg moet word vir diegene wat geheel en al op die onttrekking van grondwater staatmaak.

Sy het aangekondig dat die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum met die Nasionale Departement van Water en Sanitasie saamwerk sodat geohidroloë raad aan munisipaliteite kan gee oor waar nuwe boorgate gesink moet word en ook oor die volhoubare gebruik van boorgate. Daar is nagenoeg 30 000 produksieboorgate in die land, maar baie is buite werking.

Ingrypings

Die oes van reënwater, herwinning van gebruikte water, ontsouting van seewater, beter instandhouding van infrastruktuur en die verandering van verbruikerspatrone is van die maatreëls wat oorweeg word om die waterkrisis te versag.

Volgens mnr. Tony Ehrenreich, die Weskaapse sekretaris-generaal van Cosatu, is dit duidelik dat die Stad Kaapstad teen die einde van Julie sonder water sal wees indien geen nuwe maatreëls in plek gesit het om dit om te keer nie. Hy het gesê daar moet dringend vuur onder politici op alle regeringsvlakke gemaak word om iets aan die waterkrisis te doen.

Die Voëlvleidam, waar oortollige water van die Bergrivierdam na die Voëlvleidam gepomp word, word gereed gekry word om die waternood te verlig. Die voorneme om ontsoutingsaanlegte by Koeberg en naby Atlantis te installeer is ook al ver gevorder en dit word ook beplan om afvalwater van die Zandvliet-aanleg te behandel en in die waterstelsel terug te pomp.

Die provinsie kyk ook na die onttrekking van die grondwater in die sandsteenformasie van die Tafelberg-groep.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot