AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4786
-16,00
SOYA
05 Okt
-
9240
-25,00
SUNS
05 Okt
-
10206
-4,00
WEAT
05 Okt
-
7202
33,00
WMAZ
05 Okt
-
4947,8
31,80
YMAZ
05 Okt
-
4869
13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Planttyd: Trekkers dreun nog in die weste

akkreditasie
Mielies in die Oos-Vrystaat. Foto: Alani Janeke
Mielies in die Oos-Vrystaat. Foto: Alani Janeke
Planttyd vir somergewasse vir die 2019-’20-seisoen word oor die algemeen oor die land heen gekenmerk deur laat reënval en gevolglik laat aanplantings.

Uiters droë toestande het aan die begin van die seisoen oor groot dele van die somerreënstreek geheers, en ná goeie neerslae was van die landerye te nat om binne optimale planttye klaar beplant te kon word. 

Graan SA sê in sy nuutste produksieverslag mielies wat buite die optimale planttye geplant is, kan later in die seisoen skade opdoen as dit vroeg ryp. Boere in die westelike dele se mielie-aanplantings behoort teen die middel van die maand afgehandel te wees.

Vrystaat

In die noordwestelike en sentrale dele van die Vrystaat is na raming sowat 70% tot 75% van die geskatte mielie-aanplantings en sowat 50% van die sonneblomaanplantings afgehandel. Boere in dié gebied is nog besig met die aanplanting van albei gewasse.

Volgens Graan SA is ’n groot deel van die mielies in dié streek aangeplant buite die optimale planttyd, wat in Desember verstryk. Sonneblomme kan nog suksesvol aangeplant word.

Volgens die opname het goeie neerslae oor die algemeen in die gebied voorgekom, behalwe in dele soos onder meer die distrik Summerville by Bultfontein wat steeds baie droog is.

In die bedieningsgebiede van VKB en OVK in die Oos-Vrystaat het planttyd baie laat aangebreek, met goeie, algemene reën wat later as normaal voorgekom het.

Volgens Graan SA se raming het dié boere grotendeels die hektare volgens hul voorneme aangeplant, hoewel sowat 70 % van die mielie-aanplantings ná die optimale planttyd, wat daar in November verstryk, afgehandel is.

Boere het, ten spyte van goeie, algemene reën, gebiede aangemeld waar reën dringend benodig word.

In die OVK-bedieningsgebied is voorkeur aan geelmielies gegee, hoewel normaalweg witmielies aangeplant word. Die afgelope week het boere in dié gebied vir oulaas sonneblom aangeplant.

Die Oos-Vrystaat se aanplantings lyk oor die algemeen goed.

Noord-Kaap

Die Noord-Kaap se somergraangewasse vertoon oor die algemeen baie mooi en dié boere het grotendeels hul voorgenome aanplantings afgehandel.

Die neerslae wat wel aangeteken is, het kol-kol voorgekom, met inbegrip van dele in die Karoo.

Die gebied se veeboere ly steeds onder die heersende droogtetoestande met ’n algemene tekort aan weiding.

Noordwes

In Noordwes is na raming sowat 90% van die mielie-aanplantings afgehandel, terwyl sowat die helfte van die voorgenome sonneblomaanplantings gedoen is.

Somerneerslae het in dié provinsie later as gewoonlik uitgesak, met die gevolg dat die grootste persentasie van die mielies buite die optimale planttyd aangeplant is. Die gebied se aanplantings is egter ietwat vroeër as verlede jaar gedoen, toe produsente teen Nuwejaarsdag nog bykans niks geplant het nie.

Limpopo

In Limpopo het die reënneerslae in die droëlandgebiede kol-kol voorgekom. Na raming is 30%-40% van die sorghum- en minimale sonneblomaanplantings afgehandel. Sorghum word sedert 20 Desember volstoom aangeplant, met aanplantings wat tot einde Januarie gedoen kan word.

Opvolgreën is noodsaaklik om aanplantings af te handel, terwyl van die jonger gewasse vog benodig. Sonneblomme kan nog tot einde Februarie in die gebied aangeplant word.

Mpumalanga

In Mpumalanga is somergraangewasse oor die algemeen later as normaal aangeplant. Algemene nat toestande heers in die provinsie en ten spyte van hael- en versuipskade vertoon die gewasse baie goed.

Baie nat toestande en versuipskade is by onder meer Bethal, Hendrina en Carolina aangemeld. Die nat toestande bevorder ook onkruiddruk op die landerye.

KwaZulu-Natal

Die somerseisoen het ook in KwaZulu-Natal later as gewoonlik begin, maar boere kon nietemin hul voorgenome aanplantings afhandel.

Die jong gewasse vertoon goed, maar skade weens herfskommando- en snywurms is aangemeld.

Oos-Kaap

Die Oos-Kaapse produksietyd het ook later as gewoonlik aangebreek. Gemengde toestande heers met verskeie dele wat ongunstige toestande ervaar, terwyl ander gebiede goeie neerslae ontvang het. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.71
-0.4%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,717.72
-0.5%
Silwer
20.75
-1.5%
Palladium
2,314.50
-0.3%
Platinum
927.00
-0.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,918
+0.1%
Alle aandele
66,353
+0.1%
Hulpbronne 10
64,194
-0.6%
Industriële 25
80,336
+0.3%
Finansiële 15
14,150
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot