AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Plase toenemend al groter en groter

Dit is nie net in Suid-Afrika wat plase al groter en groter word nie, maar ook elders in Afrika.

Boerdery in Afrika blyk stadig maar seker van klein plasies na groter plase te beweeg. Prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), sê dit is een van die belangrike groot neigings op die vasteland en ook in Afrika suid van die Sahara.

Hy het by die Farmers Weekly Agribusiness Africa-konferensie gesê in Zambië is die meeste landbougrond onder mediumgrootte boerdery (5 ha – 100 ha) en daar is nou ewe veel grond onder grootskaalse boerdery (groter as 100 ha) as onder kleinskaalse boerdery (tot 5 ha).

Hier het mielieproduksie van ’n tekort tien jaar gelede, beweeg na ’n oorskot en is daar nou sowat 800 000 ha meer onder produksie. “Hulle produseer meer deurlopend, en ook gemaklik, oorskotte.” In Ghana word die meeste grond nog deur klein boere verbou, maar mediumgrootte boere is besig om hul in te haal.

As deel van dié neiging van veranderende plaasstrukture sê Meyer daar is in verskeie lande pogings om grondbesit van gewoontereg-verblyfsekerheid na private individue oor te dra. Dit hou verband met veranderinge in die mark vir grond soos wat grondverkope en huurmarkte vinnig ontwikkel. Meyer sê dié ontwikkelings bied geleenthede vir belegging in die landbou in Afrika.

Pryse

Die afwaartse neiging in globale voedsel- en energiepryse is 'n ander belangrike groot neiging wat in landbou in Afrika suid van die Sahara gaan speel, sê hy. Voorheen was daar goeie reële prysstygings danksy ekonomiese groei in lande soos China en Indië.

Die gebied onder produksie is egter wêreldwyd vergroot en met groot globale oorskotte en voorraad het die prentjie nou heeltemal verander, het Meyer gesê. Landbou moet homself afvra hoe hy die komende siklus van laer pryse gaan hanteer.

Meer werk in stad

Syfers wys intussen die landbou se rol as groot verskaffer van werk op die vasteland is besig om te verklein, vergeleke met geleenthede in ander sektore. Meyer het syfers gewys waarvolgens die landbou in Malawi in 1999 vir 73% van werkgeleenthede gesorg het, maar in 2008 vir 54%, en in Zambië het die persentasie in dieselfde tyd van 75% na 60% gedaal.

In Ghana het dit van 52% in 2005/’06 na 44% in 2012/’13 gedaal. Die neiging is egter nie dieselfde in alle lande nie – in Nigerië verteenwoordig werkgeleenthede in landbou 'n groeiende persentasie. Meyer het gesê stedelike gebiede groei wel vinnig, maar in Afrika, insluitend suid van die Sahara, groei plattelandse bevolkings ook vinnig en word nóg groei verwag.

Die vyf ander groot neigings wat die landbou volgens Meyer in die streek gaan raak, is die gebruik van tegnologie, Afrika se bevolkingsontploffing, grondagteruitgang en klimaatsverandering.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.33
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
+0.8%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Lief vir die lewe
Baie lief vir die natuur, Hou van besig wees en om aktief te wees in sport. Neem fotos van die natuur, diere en alles wat vir my mooi is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot