
Die platform, wat in 2014 op die been gebring is om die opbrengspotensiaal van koringkultivars te verhoog, word gefinansier deur die Wintergraantrust en die Departement van Wetenskap en Tegnologie.
Die werksaamhede van die platform is daarop gemik om koringkultivars te teel wat bestand is teen droogte en uiterste temperature.
Dit is ’n gesamentlike inisiatief van die Departement van Wetenskap en Tegnologie, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die Landbounavorsingsraad, Graan SA en die Universiteit Stellenbosch en vorm deel van die inwerkingstelling van die Suid-Afrikaanse bio-ekonomiestrategie.
Me. Naledi Pandor, Minister van Wetenskap en Tegnologie, en mnr. Alan Winde, minister van landbou in die Wes-Kaap, sal die platform amptelik open.
Die platform het die afgelope drie jaar R20 miljoen van die Wintergraantrust ontvang, terwyl die Departement van Wetenskap en Tegnologie R15 miljoen gaan bydra.