AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Platteland trek aan kortste ent, wys groendruppelverslag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die rioolwerke by Koster in Noordwes waar inwoners tot regstappe oorgegaan het om wateraanlegte te help herstel in 2021. Foto: Verskaf
Die rioolwerke by Koster in Noordwes waar inwoners tot regstappe oorgegaan het om wateraanlegte te help herstel in 2021. Foto: Verskaf
Min plattelandse munisipaliteite kon 50% haal in die jongste groendruppelverslag wat na die toestand van afvalwaterstelsels kyk.

Die departement van water en sanitasie het vir die eerste keer sedert 2014 weer ’n groendruppelverslag oor die stand van die land se afvalwaterstelsels gepubliseer.

Hiervolgens het slegs 23 uit 995 afvalwaterstelsels meer as 90% in die oudit behaal, wat in 2021 gedoen is. Van die 23 was 22 munisipale stelsels en een ’n private stelsels. Mnr. Senzu Mchunu, minister van water en sanitasie, het met die bekendstelling van die verslag op 1 April gesê 30 munisipaliteite het tussen 88-98% in die oudit behaal.

Altesame 334 uit 850 munisipale afvalwaterstelsels se toestand word as kritiek beskryf, vergeleke met 29% in 2013, die laaste keer wat die oudit gedoen is. Mchunu het dit as onrusbarend bestempel.

Die departement het in 2008 met die groen- en bloudruppel-sertifiseringsprogramme begin. Die groendruppelprogram het ten doel om die omgewing te beskerm teen bedreigings verwant aan besoedelde afvalwater of riool en die bloudruppelprogram om burgers te beskerm teen risiko’s rakende besoedelde drinkwater.

Mchunu het gesê die twee programme is bykomend tot wetgewing oor die betrokke kwessies en stel hoër standaarde as die minimum vereistes sodat waterdienste-owerhede ekstra moeite doen in ’n strewe na uitnemendheid.

Die vroeëre opskorting van die programme is destyds wyd gekritiseer. Mchunu noem in sy toespraak net kortliks dat dit jammer is dat daar ’n onderbreking was in die programme. Sy voorganger, me. Lindiwe Sisulu, het belowe dat die programme hervat sou word.

Luidens die groendruppelverslag is alle geïdentifiseerde waterdienste-instellings geoudit, naamlik 850 stelsels van waterdienste-owerhede, 115 van die departement van openbare werke en 30 van private en staansbeheerde organisasies.

Die provinsies met die meeste munisipale stelsels wat in die oudit as kritiek bevind is, is in Limpopo (78%), daarna volg die Noord-Kaap (76%), Noordwes (69%), Vrystaat (67%), Mpumalanga (43%), Oos-Kaap (39%), Gauteng (15%), KwaZuluNatal (14%) en die Wes-Kaap (11%).

Luidens die verslag dui die bevindinge van die oudit daarop dat die meeste landelike munisipaliteite sukkel om meer as 50% te behaal, met slegs 5% van stelsels in die Vrystaat en Limpopo wat dié drempel kon bereik, teenoor 75% van die stelsels in Gauteng. Dit strook met die beskikbaarheid van spesialis-ingenieurs- en wetenskaplike vaardighede wat meer in stedelike munisipaliteite beskikbaar is.

Altesame 89% van die stelsels van die departement van openbare werke is as kritiek bevind, asook een van die private stelsels.

Mchunu het gesê die oudit van drinkwatergehalte sal nou voorrang geniet en die bloudruppelverslag is bestem om in Maart 2023 bekend gemaak te word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.60
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.6%
Platinum
969.15
+1.0%
Palladium
1,436.92
+1.4%
Goud
1,964.38
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot