AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Pleidooi om vloedgeteisterde distrikte tot rampgebied te verklaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Pan water staan in landerye in die distrik Wesselsbron. Foto: Videogreep
'n Pan water staan in landerye in die distrik Wesselsbron. Foto: Videogreep
Erge vloedskade het die week in die Wes-Vrystaat voorgekom.

Met 60% of meer van gesaaides in die Wes-Vrystaat wat deur erge vloedskade bedreig word, het Vrystaat Landbou (VL) en TLU SA gevra dat die distrikte waarin die landbougemeenskappe die swaarste getref is, tot rampgebiede verklaar moet word.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê hewige storms het dele van die Vrystaat en Noordwes Dinsdag getref. Duisende hektaar se oeste tussen Christiana en Hertzogville is beskadig en in sommige gevalle vernietig. ’n Geskatte oppervlakte van meer as 6 000 ha is heeltemal vernietig en dringende stappe is nodig om die impak van die ramp op boerderygemeenskappe te verlig.

TLU SA vra in ’n brief aan die Vrystaatse departement van landbou vir die rampgebiedverklaring, dringende geldelike hulp aan boere wat die kwaaiste getref is, ’n opname van die geldelike impak en verlies wat die slagoffers gely het, en ook ’n opname van skade aan provinsiale infrastruktuur soos paaie. Die department word gevra om met TLU SA en ander landbou-organisasies saam te werk om slagoffers by te staan.

Mnr. Jakkals le Roux, VL se verteenwoordiger vir die Nala-munisipaliteit wat groot mielieproduserende streke van Wesselsbron en Bothaville insluit, sê dringende ingryping gaan nodig wees om te help om vloedgeteisterde boere op hul grond te hou. Die skade het voorgekom in die hele distrik Lejweleputswa, wat dorpe soos Hertzogville, Bultfontein en Wesselsbron insluit. Die distrik se rampbestuursbeampte is gevra om die omvang van die skade te bepaal en die kwessie sal Dinsdag deur die provinsiale regering bespreek word.

Hulp van landbou-ondernemings

Le Roux sê benewens moontlik ingrypings deur die regering met belastingverligting, doen VL ook ’n beroep op landboubesighede, banke en versekeringsmaatskappye om met maniere vorendag te kom om hul lojale kliënte op hul plase te help hou. Hy wys daarop dat daar nie meer omvattende versekeringsdekking bestaan nie en daar kan net vir insetkoste met oorstromings en droogtes verseker word.

“Selfs al droog dit genoeg uit ná die rekordhoë reënval in baie dele van die Vrystaat, is dit te laat om mielies, soja en selfs sonneblomme te herplant. Waar gewasse oorleef, ding dit mee met ’n sterk onkruidgroei. Alle kunsmis het weggeloog en dit sal duur blaarvoeding of bobemesting vereis om ’n ordentlike oes te behaal. Baie boere wag steeds dat watervlakke moet daal sodat hulle in die lande kan kom om die skade behoorlik te bepaal.”

Mnr. Hennie Roos, wat tussen Hoopstad en Hertzogville boer, sê Dinsdag se swaar reën en hael was die laaste strooi. “Binne ’n paar uur het 110 mm geval en die hael het my mielies en bone kisboude geslaan. Ons het reeds waterskade gehad weens die swaar reën. Nou moet ons wag en sien. Die planttyd is verby; ek kan nie weer plant nie. Alles is ook ontoeganklik. Alles is net een groot gemors!”

Volgens TLU SA het mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, bevestig daar is permanente skade in groot mieliedistrikte in veral die Vrystaat, maar ook in ander provinsies, soos Noordwes. Op kort termyn word nog baie reën verwag en hy sê die kans op ’n grootskaalse oorstroming in die Vaal- en Oranjerivier is dus groot.

Van den Berg sê hoewel daar elke jaar droogtekolle of versuipkolle is by droëlande, is die oppervlakte vanjaar baie groter. Verder is haelskade ook ’n probleem. Boere kan nie voldoende kunsmis toedien nie, die sonlig is min, versuiptoestande is hoog en gedeeltes kon nie geplant word nie. Dit is alles faktore wat bydra tot skade van 10% tot 15% en nog reën gaan dit erger maak.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot