AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Pleidooie oor droogtehulp in Parlement

Pleidooie oor droogtehulp is in die Parlement gelewer, spesifiek om ook kommersiële boere by te staan.

Landbou-organisasies hoop die Regering sal gehoor gee aan hulle pleidooie dat beter droogtehulp onmiddellik verskaf sal word om voedselsekerheid te verseker.

Graan SA, Agri SA en die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) het die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye ingelig dat die droogte steeds boere op hul knieë het en dat die situasie nie oornag sal verander nie.

Ondanks droogtehulp van sowat R400 miljoen wat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aangewend het om boere in nood te help, is dit net 'n druppel aan die emmer.

Geen of min droogtehulp vir kommersiële boere

Me. Annelize Crosby, Agri SA se regs- en beleidsadviseur, het gesê kommersiële boere in ál die droogtegeteisterde provinsies het aangedui dat hulle geen of baie min droogtehulp van die Regering gekry het.

In die lig hiervan vra Agri SA dat ’n omvattende oudit gedoen moet word oor die hulp wat die nasionale en provinsiale departemente van landbou aan boere verskaf het en ondersoeke moet geloods word om te sien hoe die geld bestee is.

“Om slegs staatsondersteuning aan opkomende boere te bied is ongrondwetlik en diskriminerend. Kommersiële boere is belastingbetalers en het baie werkers in diens en moet ook deur die staat gehelp word,” het Crosby benadruk.

Van die ondersteuning wat boere benodig is:

* Sagte lenings om hulle kudde weer op te bou.

* Rentekoers subsidie vir produksiekrediet en oordragskuld.

* ’n Subsidie om te help met die betaal van die salarisse van plaaswerkers.

* Staatswaarborge gemik op uitstaande skuld.

* Humanitêre steun in die vorm van kospakkies.

* Noodmaatreës rakende die verskaffing van water en kos vir boere en plaaswerkergemeenskappe.

Mnr. Nazier Paulsen, EFF-LP, voel egter dat die Regering nie droogtehulp aan kommersiële boere moet verskaf nie. Volgens hom het die boere al die jare goue munt uit die landbou geslaan en dat staatshulp slegs vir opkomende boere moet gaan.

 Red kommersiële boere

Dr. Dirk Strydom, bestuurder vir graan-ekonomie en bemarking by Graan SA, het aan die komitee verduidelik waarom dit belangrik is dat kommersiële boere van ondergang gered moet word.

Hy het gesê die realiteit is dat indien die kommersiële boere, wat sukkel om produksielenings te kry, nie gehelp word nie, die land nie kos sal hê nie.

Mnr. Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van Afasa, het gesê die droogte het drie miljoen kleinskaalse boere geaffekteer en dat graanboere nie die komende seisoen, wat volgende maand begin, nie sal kan plant as hulle nie hulp kry nie. Hy het nes Crosby aangedui dat te min boere te hulp gesnel is. Die hulpbronne wat die Regering wel aangebied het, was boonop só sleg gekoördineer dat baie wat hulp gekry het meen dit is gans te min.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, het weer ’n beroep op die Regering gedoen om die droogte ’n nasionale ramp te verklaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.62
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.1%
Rand - Euro
17.61
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.09
+1.6%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,324.50
+4.5%
Platinum
934.00
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot