AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Pluimvee- en eierboere wurg dood

"Wanneer 'n man agter die deur staan om uit die oog te wees, kan hy nie iemand anders verkwalik as sy sake skeefloop nie, gevolglik kan mnr. Zach Coetzee, uitvoerende direkteur van die Suider-Afrikaanse Pluimvee-organisasie (SAPV) nie die graanboere vir hoë graanpryse verantwoordelik hou nie. Mielieboere trek nie voordeel uit die huidige hoë mieliepryse nie, omdat hul mielies lankal teen R700/ton tot R800/ton verkoop is.

Só het mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan Suid-Afrika (GSA), aan Landbouweekblad gesê na aanleiding van 'n verklaring deur mnr. Coetzee dat pluimvee- en eierboere tans doodwurg "weens die super winste wat deur die Suid-Afrikaanse mieliebedryf opgewek word". Mnr. Botma het daarop gewys dat die Mielietrust twee jaar gelede aan die graanbedryf geld beskikbaar gestel het vir 'n ondersoek na tariefbeskerming teen hoogs gesubsidieerde ingevoerde graan. Dié ondersoek het ver gevorder, maar die SAPV het hom vroeg al daaraan onttrek. Die rede wat die vereniging aangevoer het, is dat hy nie wil hê die wêreld moet weet hoe dit met die plaaslike bedryf gaan nie. Die ondersoek word deur kundiges van die Universiteit van Pretoria met die samewerking van die Universiteit van die Vrystaat gedoen. Mnr. Coetzee sê die Eeierorganisasie van die SAPV gaan druk op veevoervervaardigers toepas om 'n groot deel van die mielies wat hulle benodig, in te voer en om die invoerstroom van geel mielies vol te hou om Suid-Afrikaanse boere mededingend op die wêreldmark te hou. Samesprekings tussen betrokkenes om so 'n invoerprogram te begin, het ver gevorder. Hy het gesê die pluimveebedryf verbruik jaarliks sowat 1,8 miljoen ton mielies teen 'n waarde van R2,7 miljard, wat neerkom op 25 % van die gemiddelde mielieverbruik in die land. "Die super winste wat die mieliebedryf in Suid-Afrika maak, is besig om die pluimvee- en eieruitvoerpogings van die land dood te wurg", het mnr. Coetzee gesê. Hy het daarop gewys dat voerkoste weens die hoë mielieprys oor die afgelope jaar met 70 % gestyg het. Die eierbedryf worstel steeds daarmee om hul verkooppryse aan te pas om hierdie drastiese stygings in voerpryse te verhaal. Voerkoste maak 64 % van alle koste van eierproduksie uit, het hy gesê. Die uitwerking hiervan is besig om in 'n nasionale krisis te ontwikkel omdat die eierbedryf 'n belangrike voorsiener van proteïen aan die volk is. Hy sê die vraag na eiers neem drasties af. Die verbruik van eiers in Suid-Afrika het oor die afgelope jaar met 5 % gedaal. 4 Oktober 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.4%
Rand - Pond
19.08
+1.6%
Rand - Euro
17.39
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.71
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,638.78
-0.3%
Silwer
18.60
-1.4%
Palladium
2,082.49
+0.5%
Platinum
860.00
+0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Kom ons skryf on eie verhaal
Baie vriendelik. Ek hou daarvan om in die buitelig te wees. Ek hou daarvan om in natuur. Ek doen scuba diving en ballroom dans. Ek hou daarvan om n iewers te gaan sit waar dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot