AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3074
-11,00
SOYA
19 Okt
-
7155
-50,00
SUNS
19 Okt
-
8660
40,00
WEAT
19 Okt
-
5724
-18,00
WMAZ
19 Okt
-
3160
-15,00
YMAZ
19 Okt
-
3338
-18,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Pluimveebedryf lamgelê deur brande en plundery

akkreditasie
Die plaashuis van die plaasbestuurder op Astral Foods se hoenderplaas, Driveway Farm, in KwaZulu-Natal, is afgebrand deur plunderaars. Foto: Verskaf
Die plaashuis van die plaasbestuurder op Astral Foods se hoenderplaas, Driveway Farm, in KwaZulu-Natal, is afgebrand deur plunderaars. Foto: Verskaf
Die pluimveebedryf, wat ’n sleutelrol speel in die land se voedselsekerheid, is baie swaar getref deur die gewelddadige onluste en plundery en sê die verliese is onberekenbaar groot.

Mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging (SAPV), sê die bedryf is die laaste paar dae geteister deur gewelddadige skares van duisende mense wat plase binnegeval het, lewende hoenders en toerusting gesteel het, infrastruktuur verwoes het en die lewens van werknemers van die bedryf in gevaar gestel het.

Die geweld, plundery en verwoesting van infrastruktuur gaan ’n blywende uitwerking op alle Suid-Afrikaners hê en die bedryf verwerp dit in die sterkste moontlike woorde, lui ’n verklaring deur die organisasie.

Die bedryf was juis besig om, soos uitgestippel in die pluimveemeesterplan, omvermoeid te werk om werkgeleenthede te skep in ’n omgewing met toenemende werkloosheid, en om die bedryf te transformeer om geleenthede vir opkomende boere te ontsluit om hul eie sake-ondernemings en plase te besit. Die bedryf het meer as R1 miljard belê om dit ’n werklikheid te maak. 

Grootskeepse ontwrigting

“Talle gevalle van brandstigting is aangeteken en dreigemente om groot hoenderverwerkingsaanlegte af te brand, was ’n werklikheid,” sê Breitenbach. “Terwyl die bedryf met die uitwerking van hoogs aansteeklike voëlgriep stoei, het die plaasinvalle alle biosekerheidsmaatreëls by dié produksie-eenhede verwoes en hierdie troppe loop nou die risiko vir besmetting.

“Voorsieningskettings is erg ontwrig, met logistieke dienste en verspreidingsentrums wat gedwing is om te sluit.

“Die verskuiwing van pluimveeprodukte en ander noodsaaklike voedselprodukte na Suid-Afrikaanse verbruikers word belemmer, en in sekere sektore heeltemal tot stilstand gedwing. Die kleinhandel- en kitskossektore is die ergste deur die plundery van winkelsentrums, kleinhandelwinkels en verwoesting van infrastruktuur getref. Die koste van die verliese is onberekenbaar en word by die dag meer.

“Die pluimveebedryf het tans geen manier om vars produkte na die mark te bring nie, weens die ernstige ontwrigtings in die afleweringskanaal. Die opbergingsvermoë vir bevrore produkte by ons lede se bedrywighede is beperk, en daar is geen manier om tans toegang tot koue opbergplekke elders kry nie.”

Breitenbach sê saam met al dié probleme is die vermoë om dierevoer na pluimveeplase en ander lewendehawesektore ernstig ontwrig, veral in KwaZulu-Natal. “Dit kan tot ’n reuse-dieresorgkwessie vir die bedryf lei. Dagoue pluimveevoorraad wat nie vir plasing na plase regoor die land verskuif kon word nie, moes van kant gemaak word.

Pleidooi om optrede

“Hierdie dae van geweld, wetteloosheid en plundery bedreig die pluimveesektor, wat ’n sleutelrol speel in voedselsekerheid in Suid-Afrika. Dit is ’n bedryf wie se finansies reeds onder reuse-druk was weens hoë koste van produksiemiddele, die uitwerking van covid-19 en die streng inperkings, asook die onlangse uitbreking van voëlgriep.

“Die verwoesting van infrastruktuur die afgelope paar dae sal ernstige gevolge vir Suid-Afrika hê. Dit sal toekomstige belegging, ekonomiese groei en transformasie benadeel en hongersnood verhoog weens gebroke voedselvoorsieningskettings en stygende koste. 

“Die SAPV betreur die langtermyngevolge wat die situasie op al ons gemeenskappe gaan hê. Ons ondersteun die regering in alle pogings om veiligheid en bestendigheid in Suid-Afrika te herstel. Ons doen ’n beroep op die president en wetstoepassingsagentskappe om die oppergesag van die reg te handhaaf en almal betrokke by die sabotering van ons maatskaplik-ekonomiese bestendigheid, soos sigbaar die laaste paar dae, in hegtenis te neem en te vervolg.

“Daar is genoeg getuienis op sosiale mediaplatforms om mense te identifiseer wat aandadig is daaraan om onbestendigheid te skep en misdadigheid aan te blaas. Ons doen ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe om dadelik teen dié verraderlike individue op te tree.”

Skade Astral Driveway Farm
Ernstige skade is aangerig aan infrastruktuur op Astral Foods se hoenderplaas, Driveway Farm, in KwaZulu-Natal. Foto: Verskaf

Astral loop deur onder plunderaars

Plunderaars het skade van miljoene rande aan hoenderplase van Astral Foods in KwaZulu-Natal aangerig. Meer as drie dae nadat dié maatskappy die departement van handel, nywerheid en mededinging om hulp gevra het, was daar teen gister (Donderdag, 15 Julie) nog geen reaksie nie.

Mnr. Gary Arnold, Astral se besturende direkteur van landbou, sê plunderaars het op twee braaihoenderplase en een hoenderteelplaas toegesak, hoenders gesteel en geboue en toerusting afgebrand. Op ’n vierde plaas kon hulle dit net regkry om deur ’n heining te jaag voordat hulle gekeer is.

Die skade aan infrastruktuur beloop tot dusver miljoene rande. Astral het boonop bykomende koste vir sekuriteit aangegaan en verkoopsinkomste verloor. Die maatskappy beoog om eise by Sasria in te dien.

Arnold sê die hoenders op die betrokke braaihoenderplase word aan die Mountain Valley-slagplaas in Camperdown voorsien, terwyl die teelplaas broei-eiers vir die produksie van dagoudkuikens produseer.

Die slagplaas op Camperdown is vir eers gesluit, maar ander abattoirs in KwaZulu-Natal en Gauteng kan met hul bedrywighede voortgaan. “Die probleem is dat die logistieke en verspreidingsnetwerk ernstig geraak word deur die sluiting van verspreidingsentrums en -pakhuise, so dit raak ons produkmengsel en die verskuiwing van produkte na verbruikers in Gauteng en KwaZulu-Natal.”

Hoenderplase beleef probleme met voeraflewerings weens padsluitings en die gebrek aan veiligheid vir voertuie op paaie. In sommige gevalle is voeraflewerings ’n dag tot twee dae laat.

Arnold sê die plundery bring ’n bykomende geldelik las in ’n bedryf wat reeds onder druk is weens hoë koste van produksiemiddele, invoer, beurtkrag, die ineenstorting van munisipale infrastruktuur en voëlgriep.

“Ons het Maandag oproepe na die departement van handel, nywerheid en mededinging gemaak om hulp te vra toe ons grootouer-teelbedrywighede in Nottinghamweg bedreig is. Staatshulp het nooit gekom nie. Ek het sedert Maandag nog niks weer van die departement gehoor nie.

“Intussen moes ons private sekerheidsbeamptes vanaf Johannesburg af na ’n vliegveld in die KwaZulu-Natalse Middellande invlieg en die beamptes self by ons Ross-teelbedrywighede kry.”

7 ton hoender gesteel

RCL Foods se groot hoenderverwerkingsaanleg in Hammarsdale, KwaZulu-Natal, het vandag (Vrydag) weer heropen nadat dit Maandag weens vrese vir plundery gesluit is.

Mnr. Stephen Heath, groepsdirekteur vir korporatiewe sake, sê sowat 200 000 hoenders word per dag by dié aanleg verwerk. ’n Skare mense het Maandag buite die slagplaas byeengekom en gedreig om in te gaan, maar het nie daarin geslaag nie. “Buiten vir ons eie sekerheidspersoneel, het ons later ook ondersteuning van die weermag gekry en die skare het uiteindelik uiteengegaan.”

RCL het gebeurlikheidsplanne om slagskedules te kan aanpas indien braaihoenders gereed is om geslag te word. maar die betrokke slaggeriewe onbeskikbaar is.

Twee van RCL se lêhenplase en een aanteelplaas in Hammarsdale is deur plunderaars binnegeval, maar geen van RCL se braaihoenderplase is aangeval nie. Daar was dus geen onderbreking in die produksie van braaihoenders nie.

’n RCL-depot vir opberging en verspreiding, waar daar sowat 7 ton verwerkte hoender was, is geplunder en verwoes, het Heath gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.2%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,782.10
+1.0%
Silwer
23.78
+2.5%
Palladium
2,075.51
+2.9%
Platinum
1,055.38
+1.6%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.4%
Hulpbronne 10
64,002
+0.9%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot