Die pluimveebedryf kon die afgelope drie jaar sy bruto waarde van R56 miljard tot R59 miljard laat toeneem. Dié groei spoel ook oor na ander bedrywe en sektore, soos mielies en soja, wat hoofsaaklik vir hoendervoer ingespan word.
Mnr. Izaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV), sê die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf is ’n nasionale strategiese bate. Sedert die meesterplan in 2019 onderteken is, het die waardeketting reeds beleggings ter waarde van R1,8 miljard gemaak, teenoor ’n mikpunt van R1,5 miljard.
’n Bykomende R600 miljoen gaan teen einde 2024 in die bedryf belê word, sê hy. “Op kort en mediumtermyn is dit ’n bedryf wat in nood is, geld verloor, en worstel met rekordhoë insetkoste, hoë hoenderpryse en laer verbruikersvraag as gevolg van die hoër pryse.