AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Polisie onder toenemende druk

Daar is al hoe meer druk op die polisie se mannekrag en hulpbronne.

Hoewel landelike veiligheid as voorkeursaak geregverdig kan word, moet landbou-gemeenskappe ook besef dat stygende misdaad en openbare geweld meeding om die polisie se hulpbronne en aandag, waarsku dr. Johan Burger, van die Instituut vir Sekerheidstudies.

Burger, wat die programleier by ’n bespreking oor landelike veilgheid tydens Agri SA se kongres was, het daarop gewys dat die aantal gewelddadige byeenkomste wat die polisie se optrede en hulpbronne vereis die afgelope 10 jaar met 436% van 660 per jaar tot 3 542 die afgelope boekjaar gestyg het. Selfs vreedsame byeenkomste waar die polisie ook teenwoordig moet wees het met 42% van 7 658 tot 11 151 toegeneem.

Hy sê die koers vir plaasmoorde is 97 per 100 000 van die bevolking teenoor 50 moorde op polisielede en 34 vir die res van die bevolking. “Dit wys dit is steeds dubbel so gevaarlik om te boer as ’n polisieman te wees en daarom moet landelike veiligheid ’n prioriteit wees. Alle mense op plase, ongeag ras of geslag, is potensiële slagoffers en die persepsie dat daar net wit slagoffers is, moet deur statistiek weerlê word.”

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, wat saam met die weermaghoof, genl. Solly Shoke, aan die debat deelgeneem het, het erken dat misdaadvoorkoming in landelike gebiede nie altyd doeltreffend is nie en beskikbare hulpbronne nie altyd reg aangewend is nie.

“Die stryd teen misdaad kan nie net deur die polisie gewen word nie. Alle gemeenskappe se hulp is nodig en dit help nie om vingers te wys nie. Almal moet saamwerk om met die beperkte hulpbronne die stryd ’n werklikheid te maak.”

Hy sê weens die vereistes vir die vorige reserviste-stelsel is baie mense uitgesluit, maar daar word weer gekyk hoe dit vir meer mense oopgestel kan word om die polisie se hand te sterk. “Almal van julle moet aktiewe deelnemers wees. Ek weet julle bloed is steeds blou vanweë julle betrokkenheid, en daarmee bedoel ek nie Blou Bulle nie.”

Prof. Rudolph Zinn, kenner van polisiëring by Unisa, het daarop gewys dat sigbare patrollies en sekuriteit as ’n 68%-afkrikmiddel dien. “Die sukses hiermee is ook die grootste bedreiging, want sodra die misdaad afneem, hou almal op daarmee.”

Onderhoude met 30 veroordeelde misdadigers in ’n studie het getoon hulle het saam 2 099 misdade gepleeg. Hiervan was 1 202 inbrake, en 140 huisrooftogte is uitgevoer. Van dié wat huisrooftogte uitgevoer het, was 22% ook by plaasaanvalle betrokke.

Onder hulle is gemiddeld 103 ernstige misdade oor ’n tydperk van sewe jaar en ses maande gepleeg voor hulle vir die eerste keer in hegtenis geneem is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.6%
Rand - Pond
20.15
+0.2%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,709.04
+0.5%
Silwer
20.82
+0.5%
Palladium
2,316.19
+4.1%
Platinum
921.91
+1.9%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,554
+3.0%
Alle aandele
66,042
+2.8%
Hulpbronne 10
64,108
+4.0%
Industriële 25
79,614
+2.7%
Finansiële 15
14,078
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot