AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Polisie stel landelike veiligheidsberaad weer uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ten spyte van die skokkende misdaadsyfers wat mnr. Bheki Cele, minister van polisie, verlede week bekend gemaak het, het die polisie die landelike veiligheidsberaad vir ’n tweede keer uitgestel.

“Suid-Afrika bloei en nogtans het die polisie besluit om die landelike veiligheidsberaad uit te stel. Dit wys duidelik dat die polisie en die regering nie ernstig genoeg is oor plaasaanvalle en -moorde nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, oor die uitstel van die beraad wat aan die einde van die maand sou plaasvind.

“Dit is nou belê vir Augustus, maar die sewe komitees wat saam met die polisie die beraad belê het, is nie seker dat dit dan sal plaasvind nie. Die uitstel van die beraad en die feit dat die landelike veiligheidsplan nog nooit toegepas is nie, wys dat die regering en die polisie nie die wil of die vermoë het misdaad aan te pak nie.

“Suid-Afrika is besig om in duie te stort. En die kamstige pogings wat die SAPD aanwend om te wys hy beskou plaasaanvalle en -moorde as ’n prioriteitsmisdaad, blyk oëverblindery te wees.”

Hy sê die jongste misdaadsyfers toon duidelik dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is. “Dit is nie net moord en verkragting wat ’n bekommernis is nie, maar ook veediefstal wat al hoe erger word in die aantal voorvalle en die manier waarop dit plaasvind. Dit word al hoe duideliker dat veediefstal ’n groot en georganiseerde bedryf is met groot geld op die spel.

“As die landelike veiligheidsplan net toegepas word en die polisie net die landelike veiligheidsberaad laat geskied, gee ons klaar twee reusetree in die regte rigting, maar ek sit met my hande in my hare oor die polisie se onvermoë, onwilligheid en skynbare ongeërgheid.”

‘Plaasaanvalle nie gewone misdaad’

Plaasaanvalle en -moorde het ’n reuse-impak op die menswees van die boere, hul families en werkers, sê Geldenhuys. “Dit verander hul uitkyk op die lewe. Suid-Afrika se boere, hul gesinne en werkers word al hoe meer wreed aangeval en vermoor. Suid-Afrikaners besef nie altyd die groot impak wat hierdie aanvalle op boere en die landbou as ’n geheel het nie.”

Daarom nooi TLU SA alle Suid-Afrikaners om op 16 en 17 Junie virtueel saam te stap in protes teen plaasaanvalle en -moorde.

“Met die staptog hoop TLU SA om genoeg aandag op die misdade te vestig sodat die regering gedwing word om meer as net leë woorde oor die erns van die situasie te spreek. Plaasaanvalle moet as prioriteitsmisdaad dieselfde aandag en optrede geniet as ander ernstige misdade.

“Ons besef dat geen enkele veldtog of protesoptog misdaad kan stuit nie, maar dit is belangrik om só bewusmaking oor die probleem te skep, hier en internasionaal. TLU SA weet dat dit in die hande van die gemeenskap lê om misdaad te bekamp aangesien die politieke wil by die regering ontbreek.”

Die doelwit is om binne 24 uur virtueel 6 065 km te stap. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het, vertel Geldenhuys.

Volgens TLU SA se statistieke is daar sedert 1990 al 2 183 plaasmoorde en meer as 6 000 plaasaanvalle aangemeld. (TLU SA werk streng volgens saaknommers om statistieke te bepaal.)

“Om op die toneel van ’n plaasaanval of -moord te kom, is iets wat mens nie met woorde kan beskryf nie. Dit is tragiese tonele gekenmerk deur uiterste geweld. Jy kan en wil jou dit nie indink nie. Om te sien hoe daar baklei is om te lewe, die marteling. Dit is moeilik om oor te praat. Ek gee nie om wat mense sê nie, plaasaanvalle en -moorde is nie net nog ’n misdaad nie. Daar is ’n haat en wreedheid betrokke wat jou verslae laat.”

Ten spyte daarvan sê hy boere, hul families en werkers mag nie opgee nie. “Ek glo dat daar altyd hoop is, want ons weet waar ons hulp vandaan kom. Die Hand van Bo is altyd daar. Ek put verder my hoop uit die 10% van boere en lede van die gemeenskappe wat altyd bereid is om die ekstra drie of vyf tree te gee vir veiligheid.

“Onthou, veiligheid begin by jouself. Jy moet aktief betrokke wees. Solank dit nie gebeur nie, sal dinge nie verander nie. Ek glo die tyd is nou vir verandering.”

Diegene wat aan die staptog wil deelneem, kan by https://stapsaam.co.za registreer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot