AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Polisiebeamptes onder aangekeerde plaasrowers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek die beweerde betrokkenheid van drie van sy eie lede by rooftogte op plase in die provinsie.

Hulle is onder die ses verdagtes wat Dinsdagaand in hegtenis geneem is kort nadat hulle ‘n plaas beroof het.

Drie polisiebeamptes is na bewering onder die ses verdagtes is wat Dinsdagaand in hegtenis geneem is kort nadat hulle 'n boer en sy vrou met vuurwapens in die distrik Swartberg/Franklin in KwaZulu-Natal beroof het. ’n Anonieme bron na aan die ondersoek het bevestig dat dié boer dieselfde mnr. Shaun Muir van plaas Newlands is wat ternouernood ontkom het nadat dieselfde verdagtes hom verlede week probeer beroof het.

Soos voorheen berig deur Landbou.com, het die verdagtes in die oorspronklike poging tot roof van die Muirs hulle voorgedoen as polisiebeamptes wat beweer het dat hulle 'n saak van geldwassery ondersoek. Die verdagtes het beweer dat hulle 'n lasbrief het wat hulle toegang tot die Muirs se huis gee, maar hulle het geweier om dié lasbrief of hul name en amptelike polisie-identifikasie aan die Muirs te verskaf. Die verdagtes het van die toneel gevlug nadat bure wat 'n veiligheidsbystandkennisgewing van die Muirs ontvang het, skielik opgedaag het.

Mnr. Freddie van Tonder, die KwaZulu-Natalse Landbou-unie se veiligheidshoof, het aan Landbou.com gesê nadat die verdagtes die Muirs vandeesweek Dinsdagaand beroof het, het hulle gevlug in 'n voertuig wat deur private sekuriteitskameras langs sy roete opgemerk is. Die polisie en private sekuriteitsmaatskappye het hierdie inligting gebruik om die verdagtes te volg en uiteindelik te konfronteer. Nadat hulle glo op hul agtervolgers geskiet het, is al die verdagtes in hegtenis geneem en dit het daarna geblyk dat drie van hulle polisiebeamptes is.

“ 'n Brigadier staan aan die hoof van hierdie ondersoek. Ek is tevrede dat hierdie saak die aandag kry wat dit vereis,” sê Van Tonder.

Die anonieme bron na aan die ondersoek sê daar word vermoed dat 'n persoon of persone met binne-inligting rakende geld, waardevolle items en vuurwapens wat aan die Muirs behoort, hierdie inligting aan die verdagtes verskaf het. Hierdie verdagtes was skynbaar vasbeslote om hierdie inligting te gebruik, aangesien hulle luidens 'n verklaring deur die polisiehoofkantoor in KwaZulu-Natal dieselfde verdagtes is wat 'n bietjie meer as 'n week gelede onsuksesvol probeer het om die Muirs te beroof.

Daar is glo nog geen inligting wat aandui of die verdagtes wat in hegtenis geneem is, hulle ook as polisiebeamptes voorgedoen het met onlangse gewapende rooftogte op ander plase in die distrikte Port Shepstone en Kokstad in KwaZulu-Natal en die distrik Addo in die Oos-Kaap.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Jy lewe net eenkeer kom maak die beste daarvan
Vriendelike lewenslustige weduwee wat graag nuwe mense wil ontmoet. Hou van dans en die natuur en soms net rustig wees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot