AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Politiek gaan nie landbou uitlos

Hoewel ‘n mens mag besluit om hom nie aan politiek te steur nie, beteken dit nie politiek gaan jou uitlos nie, sê dr. Pieter Mulder.

“Hoewel jy kan kies om politiek uit te los, beteken dit nie dat politiek jou gaan uitlos nie,” sê dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Hy sê die bedryf moet homself voorberei daarop om in die spervuur te staan, veral met die komende ANC-beleidskonferensie in Junie vanjaar en verkiesings binne die regerende party in Desember.

Mulder het by die Anibrandfees in Uitenhage aan ‘n debat oor grondsake deelgeneem, en hy meen dat besluite oor grondhervorming nog langer kan neem as wat verwag word. “Ek hoop besliste besluite word nie geneem voor die verkiesing van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Desember nie – want dit kan Kabinetskommelings tot gevolg hê.” 

Mulder sê hy stem saam dat die landboubedryf nie iets met politiek uit te waai het nie, “maar die bedryf moet besef hy gaan nie wegkom van politiek nie – veral met dié twee gebeurtenisse in gedagte.”

Nasionalisering van landbougrond

Wat uitsprake oor nasionalisering van mynwese en landbougrond betref, het pres. Jacob Zuma al in die binnekring en in sy staatsrede gesê dit is nie ‘n opsie nie. “Ek het die President gevra om dit wat hy in die binnekringe gedeel het, ook met die publiek te deel, maar ek dink nie hy het dit duidelik genoeg gestel nie,” aldus Mulder.

Volgens Mulder is dit baie belangrik dat die regte besluite oor nasionalisering en grondhervorming by die beleidskonferensie in Bloemfontein geneem moet word. “Die besluite wat vyf jaar gelede in Polokwane geneem is, het ons die afgelope vyf jaar onder geweldige druk geplaas, en dié konferensie se besluite sal ook druk veroorsaak.

“As nasionalisering enigsins oorweeg word, sal dit die landboubedryf se fondamente skud en alle sekerheid binne die bedryf wegneem.” Mulder twyfel of so ‘n roete gevolg sal word en meen dat enige besluite in dié verband langer vat om uit te voer as wat gesê word. Hy twyfel ook of ‘n besliste besluit oor die Groenskrif oor grondhervorming voor die einde van die jaar geneem sal word. “Dit sal egter beslis lewendig gehou word.” 

30 April 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+0.4%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.59
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
967.19
+0.8%
Palladium
1,433.17
+1.2%
Goud
1,963.40
-0.5%
Silwer
23.28
-0.2%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot